1887

oa De Jure - The legal validity of an advance refusal of medical treatment in South African law (part 1)

Volume 44, Issue 1
  • ISSN : 2225-7160

 

Abstract


Mediese tegnologie het sodanig ontwikkel dat dit vandag moontlik is om die lewe van 'n persoon byna onbepaald te verleng in omstandighede waarin hy of sy andersins 'n natuurlike dood sou sterf. Sommige mense verkies om sodanige behandeling te vermy, onder meer omdat hulle met waardigheid wil sterf.
Mediese gebeurlikheidsaanwysings stel persone in staat om mediese behandeling in die toekoms, wanneer hulle nie meer in staat is om wilsbesluite te neem nie, te weier. 'n Mediese gebeurlikheidsaanwysing is 'n lewende testament waarin die outeur weier om mediese behandeling in bepaalde omstandighede in die toekoms te ondergaan. Dit kan ook bestaan uit 'n volmag waarin die outeur 'n ander persoon aanstel om namens hom of haar in die toekoms mediese behandeling te weier. In Suid-Afrika is die regsgeldigheid van sodanige gebeurlikheidsaanwysing onseker. 'n Oorweging van grondwetlike kernwaardes dui egter daarop dat mediese gebeurlikheidsaanwysings in beginsel as regtens afdwingbare wilsbesluite erken behoort te word. In die eerste gedeelte van hierdie bydrae word die huidige regsposisie en die etiese norme wat in die mediese beroep geld, bespreek. Die toepaslike grondwetlike kernwaardes word dan ontleed en teen bepaalde belange van die gemeenskap opgeweeg. In die tweede gedeelte van hierdie bydrae word aandag geskenk aan die etiese oorwegings wat 'n rol behoort te speel by beantwoording van die vraag of 'n gebeurlikheidsaanwysing in bepaalde omstandighede as regtens afdwingbaar beskou behoort te word. Die ontwikkeling in buitelandse regstelsels word dan oorweeg en empiriese navorsing wat aldaar onderneem is om die doeltreffendheid van gebeurlikheidsaanwysings in die praktyk te evalueer, word krities ontleed. Die studie lei tot die gevolgtrekking dat die Suid-Afrikaanse parlement oorweging moet skenk aan die destydse voorstelle van die Suid-Afrikaanse Regskommissie in hierdie verband, en dat statutêre erkenning aan die regsgeldigheid van gebeurlikheidsaanwysings verleen moet word. Die ondervinding in buitelandse regstelsels dui egter daarop dat blote statutêre erkenning van die regsgeldigheid van gebeurlikheidsaanwysings nie enige noemenswaardige verandering in die praktyk teweeg bring nie. Daar dus word aan die hand gedoen dat 'n holistiese benadering gevolg moet word wat beteken dat die staat self betrokke moet raak by die implementering van doeltreffende strategieë om groter bewuswording van die reg op selfbeskikking van pasiënte by gesondheidsorg-werkers sowel as die breë publiek te bewerkstelling.

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/dejure/44/1/EJC135358
2011-01-01
2016-12-10

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error