1887

oa De Jure - The deductibility of value added tax on costs incurred to raise share capital : a critical analysis of the case

Volume 44, Issue 2
  • ISSN : 2225-7160

 

Abstract


Maatskappye gaan dikwels wesenlike kostes aan by die uitreik van aandele om bedrywighede te finansier. Tans voer die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) aan dat belasting op toegevoegde waarde (BTW) aangegaan op aandeeluitreikingskoste nie aftrekbaar is nie. Hierdie siening is gebaseer op die -saak. Die uitspraak in die -saak is gebaseer op die mening uitgespreek in 'n Europese hofsaak wat in 1994 beslis is. Sedertdien het die (ECJ) in 'n aantal sake die aftrekbaarheid van BTW op aandeeluitreikingskoste oorweeg en beslis dat insetbelasting in sekere gevalle aftrekbaar sal wees. In hierdie artikel word die vraag gestel of argumente soortgelyk aan die argumente gevolg deur die ECJ in Suid-Afrika aangevoer kan word. Gebaseer op die ontleding van die argumente in die ECJ-beslissings, binne die konteks van die Suid-Afrikaanse wetgewing, word aangevoer dat daar gebiedende gronde bestaan om in Suid-Afrika te argumenteer dat 'n aandeeluitreiking nie 'n lewering daarstel nie en dat aandeeluitreikingskoste as 'n algemene bokoste beskou kan word. Hierdie argumente kan die SAID aanmoedig om die siening wat tans gehuldig word by die aftrekbaarheid van BTW op aandeeluitreikingskoste in Suid-Afrika, te hersien.

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/dejure/44/2/EJC135330
2011-01-01
2016-12-09

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error