1887

oa De Jure - Cosmetic surgery and responsible patient selection - does a legal duty to screen patients exist?

Volume 46, Issue 2
  • ISSN : 2225-7160

 

Abstract


Daar is sekere unieke uitdagings wat pasiëntkeuse vir kosmetiese chirurgie betref. Die uitdaging wat kosmetiese chirurge in die gesig staar is hoe om reeds voor chirurgiese ingryping pasiënte te identifiseer wat 'n swak resultaat in terme van sielkundige aanpassing en psigososiale funksionering sal hê, ten spyte van 'n tegnies aanvaarbare resultaat. Aangesien sielkundige faktore onderliggend is aan die meeste versoeke vir kosmetiese chirurgie, word daar aan die hand gedoen dat kosmetiese chirurge 'n regsplig het om bewus te wees van algemeen erkende psigiatriese toestande en simptome . Kosmetiese chirurge, meer so as die meeste ander spesialiste, moet aandagtige luisteraars wees met kliniese vernuf wat strek buite die tipiese grense van medisyne en siekte. Die deliktuele, strafregtelike en kontraktuele aanspreeklikheid van 'n kosmetiese chirurg wat opereer op 'n sielkundig onstabiele pasiënt word in besonderhede bespreek. Die bespreking vind plaas aan die hand van 'n Amerikaanse saak, die enigste saak van sy soort ter wêreld, waar die vraag of 'n pasiënt wat ly aan liggaamsdismorfiese versteuring geldige toestemming tot kosmetiese chirurgie kan gee, aangespreek is.

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/dejure/46/2/EJC145905
2013-01-01
2016-12-09

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error