1887

oa Journal of Family Ecology and Consumer Sciences = Tydskrif vir Gesinsekologie en Verbruikerswetenskappe - Development of a guide for the visual assessment of the quality of clothing textile products

Volume 31 Number 1
  • ISSN : 0378-5254

 

Abstract

I nternet verbruikers van kleding-tekstielprodukte het nie die voordeel om die produkte te hanteer of aan te pas nie. Dit beperk hul oordeel oor sekere eienskappe van die produk. Dit kan weer 'n invloed hê op die keuses wat hulle maak, op hul verwagtinge van die produk en uiteindelik hul tevredenheid met die produk wat aangekoop is. <br>Tot dusver is baie min navorsing wat konsentreer op die spesifieke probleme wat deur Internet kledingverbruikers ondervind word, gedoen. Wanneer kledingitems aangekoop word, is waargenome kwaliteit 'n belangrike faktor wat keuses en besluitneming be�nvloed. 'n Gids om kwaliteit visueel te beoordeel behoort dus van waarde te wees, veral vir die verbruiker wat sy/ haar aankope op die Internet doen. <br>Die doel van hierdie artikel is om die konsepte verwant aan verbruikersbesluit-neming en koopgedrag in oënskou te neem, soos dit in bestaande modelle gebruik word. Die waarde van 'n gids vir die beoordeling van kwaliteit word ook aangedui. Die stappe wat gebruik is om die konseptuele raamwerk te ontwikkel en die verskillende fases vir die voorgestelde navorsing oor die ontwikkeling en evaluering van 'n gids vir die beoordeling van kwaliteit word bespreek.

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/famecs/31/1/AJA03785254_29
2003-01-01
2016-12-09

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error