1887

oa Journal of Family Ecology and Consumer Sciences = Tydskrif vir Gesinsekologie en Verbruikerswetenskappe - Food habits of rural Swazi households : 1939-1999. Part 2: Social structural and ideological influences on Swazi food habits

Volume 32 Number 1
  • ISSN : 0378-5254

 

Abstract

Die artikel bied basiese inligting oor die eetgewoontes van landelike Swazi huishoudings. Dit bevat 'n oorsig oor die literatuur in verband met die Swazi eetgewoontes gedurende die afgelope ses dekades asook die bevindings van 'n gevallestudie oor die eetgewoontes van tien geselekteerde Swazi huishoudings in Ka-Mantsholo in die Badplaasdistrik. <br>Hamilton se model (1987) vir die drie komponente van kultuur, naamlik tegnologie, sosiale struktuur en ideologie, is vir die teoretiese raamwerk gebruik. Die sosiale struktuur en ideologie soos dit deur voedsel weerspieël word, word in hierdie artikel bespreek. <br>Die gepubliseerde literatuur sowel as die gevallestudie dui daarop dat die Swazi eetkultuur nog baie tradisioneel is. Daar is 'n mate van verandering van die maaltydpatrone (van twee na drie maaltye per dag) en in die samestelling van maaltye (in die sin dat die maaltye op weeksdae en Saterdae die tradisionele samestelling van pap met 'n bykos weerspie�l, maar dat veral Sondagmiddagetes en ontbyte sterk tekens van westerse akkulturasie vertoon). Kern, sekondêre kern en perifere voedsels is onderskeibaar in die Swazi dieet. Die wyse waarop voedsel gebruik word om vriendskap en gasvryheid te betoon, hoe dit tydens feesvierings, as beloning, tydens rituele en as prestige- en status- simbole gebruik word, word ook aangetoon. Hierbenewens word die heersende voedsel ideologie met die tradisionele vergelyk.

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/famecs/32/1/AJA03785254_84
2004-01-01
2016-12-10

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error