1887

oa Journal of Family Ecology and Consumer Sciences = Tydskrif vir Gesinsekologie en Verbruikerswetenskappe - Food practices associated with increased risk of bacterial food-borne disease of female students in self-catering residences at the Cape Peninsula University of Technology

Volume 33 Number 1
  • ISSN : 0378-5254

 

Abstract

Kommer is oor die voedselpraktyke van studente in koshuise van die Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie: Kaapstad-kampus, uitgespreek nadat daar tot die selfvoorsiening van voedsel oorgeskakel is. Gestruktureerde onderhoude is met 60 ewekansig geselekteerde swart vroulike studente in die selfspysenieringkoshuise gevoer. Die doel was om vas te stel of hul praktyke rakende die aankope, berging, bereiding en gaarmaak van voedsel, asook die hantering van voedsel wat na maaltye oorbly, met riglyne om bakteri�le voedseloordraagbare siektes te voorkom, ooreenstem. Die resultate toon dat die studente sommige veilige voedselaankoperiglyne volg en dat hulle in baie gevalle bestanddele en voedsel wat na 'n maaltyd oorbly, veilig berg. In teenstelling is persoonlike higi�ne, bv. die was van hande met seep en water, en algemene higi�ne, bv. vermyding van kruiskontaminasie tussen rou en gereed-om-te-eet voedselitems, afgeskeep. Die studente het verder aangedui dat hulle voedselitems genoegsaam gaarmaak, maar voedsel wat vooraf berei word of na maaltye oorbly, is nie voldoende verhit nie. Minder as die helfte van dié studente was bewus van die oorsake van voedseloordraagbare siektes, hoë risiko voedselitems en kruiskontaminasie, terwyl nog minder studente aangedui het dat hulle die ooreenstemmende veilige voedselpraktyke in die verband, uitvoer. Studente wat bewus was van die verband tussen pluimvee en <I>Salmonella</I> of in staat was om kruiskontaminasie te defineer was nie meer geneig om voedselpraktyke, wat bakteri�le voedseloordraagbare siektes sal voorkom, te rapporteer, as dié wat nie daarvan bewus was nie. Daar word aanbeveel dat 'n intervensie program spesifiek gemik op die verbetering van vroulike studente in selfspysenieringkoshuise se voedselpraktyke opgestel en geïmplementeer word om bakteri�le voedseloordraagbare siektes te voorkom.

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/famecs/33/1/AJA03785254_77
2005-01-01
2016-12-10

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error