1887

oa Journal of Family Ecology and Consumer Sciences = Tydskrif vir Gesinsekologie en Verbruikerswetenskappe - Awareness and knowledge of phytonutrient food sources and health benefits for functional food application among health food store customers in the Cape Town city bowl

Volume 36 Number 1
  • ISSN : 0378-5254

 

Abstract

Fitonutriënte speel 'n belangrike rol in die verwantskap tussen dieet en die voorkoming van chroniese degeneratiewe siektes. Dié wetenskaplike gegewens bied die voedselindustrie die geleentheid om funksionele voedsels te ontwikkel wat fitonutriënte beklemtoon. Verbruikers wat onbekend met fitonutriënte is, bemoeilik suksesvolle bemarking van sulke funksionele voedsels omdat dit 'n verbruiker met kennis en begrip van dieet en gesondheid vereis. Die voedselindustrie behoort sulke voedselontwikkeling te weerhou totdat verbruikers voldoende kennis en begrip van fitonutriënte het vir oorgang van gewildheid na suksesvolle bemarking in die evolusie van verbruikersaanvaarding. Omdat Suid-Afrika 'n ontluikende mark vir funksionele voedsels is, het die studie die volgende verken : 1) Bewustheid van die term ""fitonutriënte"" en spesifieke fitonutriënte soos beta-karoteen, isoflavone, fitoestrogene, likopeen, kwersitin, antosianiene, limonoïede en allielsulfiede; 2) Kennis van die voedselbron en die verwante gesondheidsvoordeel van spesifieke fitonutriënte; en 3) Of die bewustheid en kennis van die aanbevole daaglikse groente en vrugte inname porsies en hul werklike inname verband hou met die bewustheid van die term ""fitonutriënte"". Die opname is gedoen onder verbruikers wat twee gesondheidswinkels in die stadskom van Kaapstad besoek het. 'n Onderliggende doel van die studie was om te bevestig of die deelnemers as gesondheidsbewuste verbruikers beskou kon word in die aanname gemaak dat dié groep persone moontlik bekend is met die onderwerp.

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/famecs/36/1/AJA03785254_10
2008-01-01
2016-12-09

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error