1887

oa Journal of Family Ecology and Consumer Sciences = Tydskrif vir Gesinsekologie en Verbruikerswetenskappe - The evaluation of hydrogen peroxide bleaching of

Volume 38, Issue 1
  • ISSN : 0378-5254

 

Abstract

Degradasie van as gevolg van bleiking is nie alleen 'n belangrike probleem vir verbruikers nie, maar ook vir die vervaardiger. Die doel met die navorsing was om die effek van waterstofperoksiedbleiking op -sy te bepaal. Die spesifieke doelstelling was om die invloed van temperatuur, pH en tydsduur op waterstofperoksiedvrystelling, kleurverskil, breekkrag en styfheid te meet.


'n Literatuurstudie is onderneem om waterstofperoksiedbleiking op degradasie van sy te ondersoek ten einde faktore wat hierdie effek beïnvloed te identifiseer. 'n Eksperimentele studie is uitgevoer om die waterstofperoksiedvrystelling by 50 °C, 60 °C, 70 °C en 90 °C by pH 8 en pH 10 te bepaal. Die -sy is in 'n 5 liter waterbad met waterstofperoksied gebleik en daarna gedroog. Die monsters is onder standaard atmosferiese toestande, 20 ± 1 °C en 65 ± 2% relatiewe humiditeit gehou voor en met toetsing. Die kleurverskil, breekkrag en styfheid van -sy is na bleik behandeling met waterstofperoksied bepaal. Waterstofperoksiedvrystelling is deur middel van 'n kaliumpermanganaat-titrasie tydens die bleik aksie bepaal, waarna die kleur verskil (Delta E) van die monsters met 'n kolorimeter gemeet is. 'n 'Instron tensile tester' is gebruik om breekkrag van gebleikte en ongebleikte monsters te meet. Die breekkrag is gemeet in Newton. Die buigstyfheid is met 'n "shirley stiffness tester" gemeet. Die bevindinge dui daarop dat temperatuur, pH en tydsduur van blootstelling 'n rol speel in die bleiking van -sy. 'n Toename in kleurverskil (bleiking) met styging in temperatuur is waargeneem. Die beste bleiking is waargeneem na 60 minute blootstelling aan waterstofperoksied by 90 °C en pH 8, 180 minute blootstelling by 70 °C en pH 8 het ook goeie bleiking tot gevolg gehad. Hoë temperature het die breekkrag verlaag en die styfheid van die tekstielstof verhoog met toename in die temperatuur van blootstelling. Waterstofperoksiedvrystelling vind vinnig plaas by die hoër temperature. Die pH-waarde het die grootste invloed op waterstofperoksiedvrystelling en kleur verskil (bleiking). Die gevolgtrekking word gemaak dat temperatuur en pH-waarde die faktore is met die grootste invloed op kleurverskil (bleiking), breekkrag en styfheid van -sy.
Alhoewel aanvaarbare bleiking van G. postica-sy resultate verkry word met 60 minute blootstelling aan waterstofperoksied by 90°C en pH 8 of 180 minute by 70°C en pH 8, kan die bleiking van die tekstielstof nie aanbeveel word nie omdat die bleikproses veroorsaak dat die tekstielstof te styf raak en die breekkrag van die tekstielstof verswak.
Dit word voorgestel dat -sy in sy natuurlike goudbruin kleur gebruik word, of gekleur word na 'n donkerder kleur totdat 'n aanvaarbare bleikproses ontwikkel word wat die materiaal nie te hard of styf laat en die tekstielstof verswak nie.

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/famecs/38/1/EJC33701
2010-01-01
2016-12-11

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error