1887

oa Journal of Family Ecology and Consumer Sciences = Tydskrif vir Gesinsekologie en Verbruikerswetenskappe - Awareness and knowledge of pro-, prebiotics and AB cultures among yoghurt buyers in four Pretoria suburbs and the factors determining their yoghurt buying decision

Volume 38, Issue 1
  • ISSN : 0378-5254

 

Abstract

Voedselprodukte en voedingaanvullings wat probiotika bevat is in Suid-Afrika beskikbaar. 'n Pers debat het reeds hier oor beweerde en werklike probiotika produkinhoud geheers. Tans word wetgewing oor pro- en prebiotika aansprake vir voedselproduk etikette gefinaliseer.


Die doelwit met opname was om verbruikerbewustheid en kennis van pro-, prebiotika en AB kulture vas te stel omdat hierdie faktore die ontwikkeling en aankope van voedselprodukte wat bioaktiewe bestanddele bevat ("funksionele voedsel") bevorder "AB kulture" is ingesluit omdat dit reeds jare lank die teenwoordigheid van gesondheidgunstige bakterieë in Suid-Afrikaanse jogurt aandui. Die opname het ook die faktore nagegaan wat die verbruiker se jogurt aankoop keuse bepaal.
Die data is ingesamel met 'n getoetste vraelys wat grootliks uit veelkeuse vrae bestaan. Dit het onder meer vrae bevat oor die deelnemer se bewustheid van die bioaktiewe bestanddele; sy / haar jogurtinname en die aankoop faktore; die gebruik van 'n voedingaanvulling (omdat dit verband hou met 'n gesonder lewenstyl) en demografiese inligting. Oop vrae is gebruik waar deelnemers moes beskryf wat elkeen van die bioaktiewe bestanddele beteken. Gepubliseerde definisies vir pro- en prebiotika is gebruik om sleutelwoorde in die antwoorde te identifiseer en daarvolgens te bepaal of die korrekte betekenis vir elk verskaf is.
Jogurt kopers is sistematies verkry deur elke derde koper in vier winkels geleë in voorstedelike gebiede van Pretoria te nader vir deelname. Jogurt kopers is gebruik omdat pro- en prebiotika ontwikkeling in die suiwelprodukte mark plaasvind. Omdat die aankope van funksionele voedsel meer in hoër sosio-ekonomiese groepe plaasvind, is winkels in gebiede wat die mark bedien gebruik om deelnemers te verkry.

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/famecs/38/1/EJC33704
2010-01-01
2016-12-10

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error