1887

oa Journal of Family Ecology and Consumer Sciences = Tydskrif vir Gesinsekologie en Verbruikerswetenskappe - Soft drink consumption of Grade 4 and Grade 7 learners in the Wynberg area, City of Cape Town, South Africa and the factors influencing the consumption

Volume 38, Issue 1
  • ISSN : 0378-5254

 

Abstract

Die afgelope paar jaar was daar 'n skerp toe name in die in name van gaskoeldrank en 'n afname in die in name van melk en vrugtesap onder kinders. Dit is 'n kommerwekkende tendens, aangesien dit vele voedingsnadele vir kinders inhou. Die gereelde hoe suikerinname deur gaskoeldrankgebruik lei tot tandbederf en gewigstoename. Die gevolglike laer in name van voedingsryke drankies, soos melk en vrugtesap, belemmer ook die optimale inname van minerale (veral kalsium) en vitamiene. Daar is verskeie faktore wat daartoe bydra dat kinders gaskoeldrank verkies. Demografiese faktore soos geslag, ouderdom, ras, sosio-ekonomiese status en ook die woongebied van 'n kind kan aanleiding tot die in name van gaskoeldrank gee. In skoolverband is dit faktore soos die beskikbaarheid van gaskoeldrank in die snoepwinkel en die invloed van vriende wat kinders aanmoedig om gaskoeldrank te drink. Buite skoolverband word kinders aan advertensies wat gaskoeldrank be mark, blootgestel. Kinders kies ook gaskoeldrank bo gesonder drankies saam met wegneemetes. In die ouerhuis is die inname van gaskoeldrank deur die ouers self, die beskikbaarheid daarvan in die huishouding, ouers wat nie kinders se inname daarvan beperk nie en ook ouers met 'n laer opvoedingsvlak bydraende faktore tot gaskoeldrankinname onder kinders. Produkeienskappe soos die smaak, die verpakkingsgroottes en die prys is verdere faktore wat gaskoeldrankinname onder kinders aanmoedig.


Om die gaskoeldrankinname van leerders van twee verskillende ouderdomsgroepe en die faktore wat die in name daarvan beïnvloed na te gaan, is twee staatsskole in die Wynberg-omgewing (Stad Kaapstad) genader. Wynberg is 'n gebied in 'n middel tot laer sosio-ekonomiese klas waarvan die inwoners grotendeels die kleurling-bevolkingsgroep verteenwoordig. Die 179 kinders (71,2% van die wat vir deelname genader is) wat vrywillig deelgeneem het, bestaan uit 80 graad 4-leerders (42 meisies en 38 seuns) en 99 graad 7-leerders (55 meisies en 44 seuns). Die graad 4-leerders was tussen nege en tien jaar oud, terwyl die meeste graad 7-leerders ouer as twaalf jaar was. Goedkeuring vir die uitvoering van die studie is vooraf van die Navorsingskomitee van die Fakulteit Toegepaste Wetenskappe, Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie, en by albei skole se skoolhoofde verkry. Die deelnemers het 'n voorafgetoetste, selfgeadministreerde vraelys in die teenwoordigheid van die klasonderwyser en een van die navorsers voltooi.

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/famecs/38/1/EJC33709
2010-01-01
2016-12-10

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error