1887

oa Journal of Family Ecology and Consumer Sciences = Tydskrif vir Gesinsekologie en Verbruikerswetenskappe - An importance-performance assessment of delegates' satisfaction with the catering component of courses offered by Continuing Education at the University of Pretoria

Volume 41, Issue 1
  • ISSN : 0378-5254

 

Abstract

Die gebruik van 'n belang-prestasie-analise is 'n instrument om die spysenieringskomponent van kursusse aangebied deur Voortgesette Onderrig aan die Universiteit van Pretoria (CE at UP), 'n inrigting vir hoër onderwys, te assesseer asook die bydrae tot gasvryheidstudies en toerisme uit te lig. Voortgesette Onderrig aan die Universiteit van Pretoria is 'n onderriginstelling wat sertifikaatkursusse vir nagraadse individue in verskeie studierigtings aanbied en die spysenieringskomponent is uitgekontrakteer aan voedseldiensverskaffers wat op die kampus geleë is. Die spysenieringskomponent is 'n kommerwekkende aangeleentheid, aangesien dit die laagste puntetelling ontvang het tydens vorige evaluerings.


Data is versamel deur gebruik te maak van verkennende metodologie bestaande uit beide kwalitatiewe en kwantitatiewe navorsingstegnieke. Kenmerke vir spyseniering is verkry deur middel van ongestruktureerde een-tot-een onderhoude en fokusgroepe. Daarna is 'n totaal van 357 vraelyste versamel. Dié studie het gebruik gemaak van beskrywende statistieke wat ook eenvoudige frekwensies insluit. Gemiddelde waardes en standaardafwykings is bereken deur gebruik te maak van data met betrekking tot respondente se demografiese profiele en ook met betrekking tot die 25 geïdentifiseerde kenmerke vir spyseniering.
Die prestasie en die belangrikheid van elke spysenieringskenmerk is bepaal en bespreek. Die assessering van 'n betrokke maatskappy se spysenieringskomponent sal daardie instansie in staat stel om toepaslike en noodsaaklike bestuursbesluite te neem ten einde die maatskappy se bestaande kliëntebasis te behou asook die kliëntebasis uit te brei.

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/famecs/41/1/EJC146934
2013-01-01
2016-12-09

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error