1887

oa Journal of Family Ecology and Consumer Sciences = Tydskrif vir Gesinsekologie en Verbruikerswetenskappe - Production hygiene and training influences on rural small-scale organic farmer practices : South Africa

Volume 42, Issue 1
  • ISSN : 0378-5254

 

Abstract

Produksie van goeie gehalte voedselprodukte is van kritieke belang in die verbetering van toegang tot die mark en voedselsekuriteit. Boerderypraktyke beïnvloed die gehalte van die finale produk, wat op sy beurt sukses in die mark bepaal. Dit is dus belangrik dat boere voedsel van goeie higiëniese gehalte produseer as hulle van plan is om suksesvol mee te ding in die organiese vars produkte mark. Die doel van die studie was om die belang van sosio-ekonomiese faktore soos ouderdom, geslag, vlak van opvoeding en opleiding vir die higiëniese boerderypraktyke van kleinskaalse organiese boere in Umbumbulu , KwaZulu-Natal te bepaal. Vraelyste is deur 73 ongesertifiseerde organiese boere in Umbumbulu, KwaZulu-Natal voltooi. Die vraelys het die higiëniese boerderypraktyke, soos weerspieël deur die was van hande, skoene en implemente bepaal. Die data-analise het beskrywende statistiek soos die Chi - kwadraat toets en 'n logistieke regressie model betrek. Die resultate het aangedui dat die meerderheid van die boere (60 %) vroulik was , waarvan die meeste (73 %) bo die ouderdom van 40 was. Die logistieke regressie het aangedui dat sosio-ekonomiese faktore soos onderwys, opleiding en boerdery-inkomste 'n beduidende invloed het op die higiëniese praktyke wat kleinboere beoefen. Hierdie studie het getoon dat geslag geen invloed op die praktyke van die eTholeni klein-boere gehad het nie. Boere wat reeds inkomste uit boerdery-aktiwiteite ontvang het, en diegene wat opleiding in higiëniese boerderypraktyke ontvang het, het meer waarskynlik hande en toerusting gewas voordat hulle in die landerye sou gaan in vergelyking met diegene wat geen opleiding gekry het nie. Hierdie resultate dui daarop dat opleiding, opvoeding en boerderyondervinding belangrike en doeltreffende instrumente is in die implementering van goeie higiëniese praktyke in kleinskaalse boerdery. Dit word dus aanbeveel dat die landboubeleid aangepas moet word om vir die opleiding van kleinboere voorsiening te maak - nie net vir voedelsekuriteitsdoeleindes nie, maar ook met die doel om toegang tot die vars produkte mark te kry.

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/famecs/42/1/EJC153684
2014-01-01
2016-12-10

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error