1887

n Health SA Gesondheid - Opinions on a strategy to promote nurses' health research contribution in South Africa

Volume 12, Issue 4
  • ISSN : 1025-9848
USD

 

Abstract

This is the second article in a series of three articles on a strategy to promote nurses' health research contribution in South Africa. This article describes a Delphi study that was conducted to explore the panel of experts' opinions on nurses' health research contribution and to develop a strategy to promote this contribution. A qualitative and quantitative, descriptive design was used. A Delphi study consisting of three successive rounds was conducted from January 2005 to February 2006. A panel of experts (round one: n=28; round two: n=31; round three: n=18), selected from multiple health-related and health research-related clusters, participated. Professional nurses in academic / educational positions were the main participants. Multi-disciplinary team members, other than nurses, at international as well as national level, also made valuable contributions as part of the panel. Data were gathered by circulating a list of open-ended questions (round one) as well as questionnaires (rounds two and three). Analysis was done using open coding and descriptive statistics. Findings were processed and, in an anonymous way, fed back to panellists to re-assess and change if necessary. In this way, outcomes in the various rounds resulted in a move towards consensus in opinions between the panelists. Elements essential to a strategy to improve research done by nurses, could be identified, namely research capacity building, collaboration, dissemination and utilisation of research results, quality of research conducted by nurses, leadership, resources and research priorities. These elements are seen as a framework for a strategy, and this framework was explored further in a subsequent article.

Hierdie is die tweede artikel in 'n reeks van drie artikels oor 'n strategie om die gesondheidsnavorsingsbydrae van verpleegkundiges in Suid-Afrika te bevorder. Hierdie artikel handel oor 'n Delphi-studie wat uitgevoer is om die opinies van 'n paneel kundiges oor die gesondheidsnavorsingsbydrae van verpleegkundiges te verken en om 'n strategie om hierdie bydrae te bevorder, te ontwikkel. 'n Kwalitatiewe en kwantitatiewe, beskrywende ontwerp is gebruik. 'n Delphi-studie, bestaande uit drie opeenvolgende rondtes is van Januarie 2005 tot Februarie 2006 uitgevoer. 'n Paneel kundiges (rondte een: n=28; rondte twee: n=31; rondte drie: n=18), geselekteer uit veelvuldige gesondheidsverwante en gesondheidsnavorsingverwante trosse, het deelgeneem. Professionele verpleegkundiges in akademiese / opvoedkundige posisies was die primêre deelnemers. Multi-dissiplinêre spanlede, buiten verpleegkundiges, op internasionale en nasionale vlak het ook waardevolle bydraes as deel van die paneel gelewer. Data is ingesamel deur 'n lys met oop-einde vrae (rondte een) asook vraelyste (rondtes twee en drie) te sirkuleer. Analise is uitgevoer deur gebruik te maak van oop kodering en beskrywende statistiek. Resultate is verwerk en op 'n anonieme wyse aan paneellede teruggevoer vir heroorweging en verandering, indien nodig. Op hierdie manier het die uitkomste van die onderskeie rondtes gelei tot ooreenstemming in opinies tussen die paneellede. Kern-elemente vir 'n strategie om navorsing deur verpleegkundiges te verbeter, kon geïdentifiseer word, naamlik navorsingskapasiteits bou, samewerking, bekendmaking en benutting van navorsingsresultate, gehalte van navorsing deur verpleegkundiges, leierskap, hulpbronne en navorsingsprioriteite. Hierdie elemente word beskou as 'n raamwerk vir 'n strategie, en hierdie raamwerk word verder in 'n hieropvolgende artikel verken.

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/health/12/4/EJC35033
2007-12-01
2016-12-09

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error