
Full text loading...
In 'n indrukwekkende grootformaatboek, verlug met meer as 380 illustrasies (waarvan 'n groot persentasie in volkleur), vertel Pretorius die fassinerende verhaal van die Afrikaner se tradisionele volkskuns. Inleidend word die studieveld afgebaken, die navorsingprojek van tien jaar geskets en invloede op ons volkskuns en die algemene kenmerke daarvan kortliks bespreek.
Article metrics loading...