1887

n Historia - Russian doctors and nurses in the South African War

Volume 42, Issue 1
  • ISSN : 0018-229X
USD

 

Abstract


Gedurende die Suid-Afrikaanse Oorlog (Anglo-Boereoorlog) het die Boeresaak 'n oorweldigende simpatieke reaksie in Rusland geniet, sodat dit geen verrassing is dat voldoende geld ingesamel is om twee mediese afdelings van Rusland na Suid-Afrika te stuur ten einde die Boere by te staan nie. Die Russies Rooikruis Afdeling het siekes en gewondes in Natal en die Transvaal behandel. Die Nederlands-Russiese Ambulans het hoofsaaklik in die Vrystaat gewerk. Russiese medici het honderde en honderde gewonde Boere behandel en hul bitterheid en die verskrikking van terugval en nederlaag ervaar - en in sommige gevalle ook krygsgevangenskap. Die meeste Russiese dokters en verpleegsters het Suid-Afrika teen Augustus 1900 verlaat, maar een dokter het by die Boeremagte gebly tot aan die einde van die oorlog. Hierdie soort bystand kon uiteraard nie die verloop van die oorlog verander nie, maar dit was 'n belangrike teken van die morele ondersteuning vir en internasionale solidariteit met die Boere.
In hul herinneringskrifte, dagboeke en artikels het die dokters en verpleegsters die Russiese lesers van hul ervarings in Suid-Afrika en van hul indrukke van die Boere en van die oorlog vertel. Hierdie artikel deur twee Russiese outeurs is gebaseer op hierdie stof, waarvan die meeste aan historici van die oorlog onbekend is.

During the South African War (Anglo-Boer War) the Boer cause met an overwhelmingly sympathetic response in Russia, so it is not too surprising that enough money was raised to send two medical detachments from Russia to South Africa to assist the Boers. The Russian Red Cross Detachment treated the sick and the wounded in Natal and in the Transvaal. The Russo-Dutch Ambulance worked mostly in the Orange Free State. Russian doctors treated hundreds and hundreds of wounded Boers, sharing with their army the bitterness and horror of retreat, defeat and sometimes even imprisonment. The majority of the Russian doctors and nurses left South Africa by August 1900 but one doctor stayed on with the Boer forces until the very end of the war. This assistance could not, of course, change the course of the war but was important as a sign of moral support and international solidarity with the Boers.


In their memoirs, diaries and articles these doctors and nurses told the Russian readers about their experiences in South Africa and of their impressions of the Boers and of the war. This article by two Russian authors is based on these sources, many of were previously remain unknown to historians of the war.

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/hist/42/1/EJC37888
1997-05-01
2016-12-10

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error