1887

n Historia - Setting up a dialogue : monuments as a means of 'writing back'

Volume 48, Issue 1
  • ISSN : 0018-229X
USD

 

Abstract

<b>Die daarstelling van 'n dialoog : monumente as 'n manier om 'terug te skryf'</b> <br>'n Groot verskeidenheid nuwe monumente en gedenktekens wat onlangs voorgestel is, word tans opgerig of is pas opgerig. Verskillende oorwegings is voorgehou vir die noodsaaklikheid van nuwe monumente. Een van dié argumente is dat dit noodsaaklik is om die 'ander kant van die verhaal' te vertel om die rekord van gebeure volledig daar te stel deur diegene te vereer of te gedenk wat voorheen gemarginaliseerd is of uit die amptelike weergawe van gebeure weggelaat is. In hierdie artikel val die fokus op die estetiese dimensie van monumente, 'n saak wat selde aandag geniet onder beplanners van monumente of studente oor die onderwerp. Dit gaan veral oor die wyse waarop na-apartheidsmonumente reageer op die ouer (koloniale of apartheidsera) monumente en hoe die betekenis van nuwe monumente dikwels gestalte kry deur dialoog met ouer monumente. Die artikel verduidelik hoe die nuwe monumente neig om essensieel dieselfde formaat en visuele elemente (monumentale stukture, brons beeldhouwerk van heldefigure verhewe op 'n voetstuk) wat deur Afrikaner nasionalistiese of Britse kolonialiste in die verlede gebruik is - ten spyte daarvan dat die oogmerk eksplisiet na-apartheid afrosentriese identiteit is - te vergestalt. Met verwysing na 'n na-koloniale verwysingsraamwerk, stel die artikel voor dat die huidige tendens van nabootsing geïnterpreteer kan word as `n strategie van die post-apartheidsagent om die (visuele) taal van die koloniseerder te gebruik om 'terug te skryf' en dialoog te fasiliteer tussen die verlede en die hede. Dit mag die rede wees waarom na-apartheidsmonumente doelbewus in onmiddelike kontraposisie teenoor ouer monumente geplaas word, met die gevolg dat die ouer monumente wesenlike impak het op die betekenis van die nuwer monumente.

A variety of South African monuments that have been proposed recently, are currently in the process of construction, or have just been completed. Different considerations have been offered for their necessity. One argument is the need for 'the other side of the story' to be told. It is considered necessary to have the record of events presented in as comprehensive a manner as possible. Those who were previously marginalized are now commemorated. In this article the focus is on the aesthetic dimension of monuments, a matter that seldom enjoys attention amongst planners of monuments or students on the subject. In particular there is a focus on the manner in which the post-apartheid monuments respond to the older (colonial or apartheid era) monuments and how the meaning of new monuments gain in stature in the process of establishing a dialogue with the older monuments.

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/hist/48/1/EJC38099
2003-05-01
2016-12-10

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error