1887

n Tydskrif vir Geesteswetenskappe - Oor die vraag na identiteit in ʼn postapartheidwêreld : ko-skepping as alternatief vir onto-rasse-logie / On the question of identity in a post-apartheid world : co-creation as an alternative to onto-race-logy - Afrikaans en filosofie

Volume 58 Number 3
  • ISSN : 0041-4751
USD

 

Abstract

On the question of identity in a post-apartheid world: Co-creation as an alternative to onto-race- logy

How does one understand who one is in a post-apartheid world? Put differently: what comes after the logic of apartheid? In this article I take up the question by arguing for a notion of identity as action rather than essence, that is, a notion of identity that allows for one’s existence in the world as always with others. In order to argue the case, the first part of the article hermeneutically analyses the logic that constitutes the colonial and apartheid conceptions of identity as onto-race-logy, that is, a logic taken over from a certain form of Western metaphysical thinking that takes race as its highest and grounding principle according to which the totality is ordered. According to this logic, identity functions as “something which is the same as itself” (A = A). It is an essentialised form of identity that is separate from the world as totality in a vacuum-like existence.

Hoe verstaan ʼn mens wie jy is in ʼn postapartheidwêreld? Anders gestel: Wat volg moontlik op die logika van apartheid? In hierdie artikel word daar in die lig van dié vrae betoog vir ʼn identiteitsbegrip as aksie wat lei tot ko-skepping van betekenis eerder as essensie. Voordat hierdie betoog gelewer kan word, word in die eerste deel van die artikel die logika wat die identiteitsbegrippe in die koloniale bestel en in sy nakomeling apartheid gekonstitueer het, hermeneuties ontleed as onto-rasse-logie. Op sy beurt word getoon dat dié logika tot die opsluiting van identiteite as essensialisties binne ʼn geslote totaliteit lei. Daarteenoor word in die tweede deel betoog enersyds vir die vermyding van ʼn voortsetting of rekonstruering van ʼn onto-rasse-logiese identiteit en ʼn geslote totaliteit, en andersyds vir die ontsluiting van die wêreld met ʼn identiteitsbegrip as aksie eerder as essensie. Dit is ʼn identiteitsbegrip wat op ʼn ontologiese vlak rekening hou met ʼn persoon se gegewe bestaan in die wêreld as altyd saam met ander en die universele verantwoordelikheid wat daarby ingeweef is: die strewe na en herstel van ʼn menswaardige bestaan vir almal.

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/journal/10520/EJC-112a5eee43
2018-09-01
2018-12-15

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error