1887

oa Litnet Akademies : 'n Joernaal vir die Geesteswetenskappe, Natuurwetenskappe, Regte en Godsdienswetenskappe - Die Arabiese trajek in die post-Karolingiese periode van Middeleeuse filosofie

Volume 15 Number 3
  • ISSN : 1995-5928

 

Abstract

Hierdie artikel verskaf ‘n toeganklike, bygewerkte oorsig (met inbegrip van ‘n analitiese en sintetiese verwerking van die mees onlangse navorsing) van die belangrikste filosofiese ontwikkelinge in die post-Karolingiese periode (877–1088) in Middeleeuse filosofie. Na ‘n inleiding ten opsigte van die filosofiese onderskeid tussen die Karolingiese en post-Karolingiese periodes (sowel die begrippe as die onderskeid is uniek aan die skrywer se werk) word oorbeweeg na ‘n sistematiese bespreking van die Arabiese uitset gedurende hierdie periode, met verwysing na die ekstante werke van Saadiah, Alhacen, Avicenna, Avicebron, Algazali en Avempace. Die verwerking van die mees uitstaande onlangse bydraes sluit in: Gutas (red., inl., komm.) se onlangse vertaling (2014) van Avicenna uit Persies en Arabies in Engels, waarmee Avicenna vir die eerste keer in 12 toeganklike werke gerubriseer word; Hasse en Bertolacci (2012) se bygewerkte resepsie-oorsig van Avicenna in Arabies, Hebreeus en Latyn; asook Treiger (2012) se belangrike herinterpretasie van Algazali. Temas wat toeganklik gestel word, sluit in: die Arabiese resepsie van Neoplatonisme; 11de-eeuse Joodse Neoplatonisme; die Rabbynse tradisie in Middeleeuse Joodse filosofie; die epistemologiese rol van tradisie; optika en die Griekse optiese tradisies; die idiosinkratiese modifikasies van Aristoteles by Avicenna; denke oor vorm en materie as perspektivisties protohermeneuties; en die twee filosofiese tradisies van die Andalusiërs (Farabiese Aristotelianisme en Sufisme).

The Arabic trajectory in the post-Carolingian period of Medieval philosophy

This article, by analysing, annotating and interpreting the most recent research in all relevant departments, provides an accessible and updated overview of the most important philosophical developments during the third period of Medieval philosophy, which the author periodises as the "post-Carolingian period" (877 [d. Eriugena] –1088 [onset of the Crusades and the rise of the universities).

After an introduction to the author's 10-point differentiation between the Carolingian and post-Carolingian periods (regarding: the dominance of Aristotelian logic; the development of Platonism; Augustine's reading which became the standardised reception of Platonism; the correspondence between logic and ontology; the rise of the dialectical method; the upsurge of social particularism; fiscal curtailment at the Carolingian courts; the resultant revival of monasteries as intellectual spaces; the establishment of cathedral schools and the increase of religious dogmatism within speculative philosophy), the article proceeds to discuss the Arabic thinkers in this period, from both the Middle East and Muslim-Spain, or Andalusia.

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/journal/10520/EJC-142f122de4
2018-12-01
2019-06-19

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error