1887

n Word and Action = Woord en Daad - Oor Grond, Geweld en Geregtigheid : Kroniek van turf, Dolf van Niekerk / Syferfontein, Cas Wepener / In die laksman se skoot, Chris Marnewick - boekbespreking

Volume 57 Number 433
  • ISSN : 0257-8921

Abstract

Die woord “kroniek” verwys na ‘n geskiedskrywing wat in kronologiese orde plaasvind en dít is Kroniek van turf wel. Geskryf in Van Niekerk se kenmerkende gestroopte narratiewe styl, is dit ‘n boeiende novelle wat die geskiedenis van die wit Afrikaner en sy strewe om grond te besit in Afrika as’t ware in een kwashaal vasverf. Dit is die verhaal van Gerrit en sy seuns, Johannes en Daniel en hulle nageslag. Die kroniek begin in die tyd van die VOC waar Gerrit eers in die Roggeveld en later in die distrik Swellendam sy eie boerdery op die been probeer bring. Sy seuns trek na die Kamdeboo en Johannes eindig in die Vrystaat. Oral word hulle deur inheemse stamme bedreig of verdryf. Dan kom die Boereoorlog waarin dit wat met moeite opgebou is, verloor word en die familie wéér voor moet begin. In die sogenaamde Nuwe Suid-Afrika word een van Johannes se agter-agterkleinseuns met ‘n grondeis gekonfronteer. Tydens die Bosoorlog het hy ‘n Kousop-Boesman op die grens ontmoet wat op sy beurt ‘n nasaat is van ‘n groep Boesmans wat in die 1830’s in die Vrystaat op vriendelike voet verkeer het met die verteller se voorsate. Uiteindelik kan bewys word dat die Boesmans die grond in die Vrystaat bewoon en besit het voordat ander mense hulle daar gevestig het en die grondeis verval. Die einde suggereer ‘n positiewe uitkoms vir sowel Johannes se agterkleinseun as die Kousopfamilie.

Peet van Jaarsveld is die hoofkarakter in Cas Wepener se roman Syferfontein. Die verhaal, wat in die bewussynstroomtegniek aangebied word met Peet van Jaarsveld as fokalisator, speel af in die bestek van ‘n lang naweek in 1960. Terugflitse na die verlede vorm die basis van die verhaalgegewe met die krisissituasie op die voorlaaste dag wanneer die verteller se kinders hom ouetehuis toe kom neem. Hoewel nie ‘n egte plaasroman nie, is die besit van grond en die sosiale status wat daarmee gepaard gaan ‘n belangrike tema in die verhaal wat op die hoofkarakter se plaas Syferfontein afspeel.

Chris Marnewick se aangrypende hofdrama In die laksman se skoot is ‘n verwerking van die oorspronklike Engelse Sheperds & Butchers wat bekroon is met die UJ se debuutprys en SALA se K. Sello Duikerprys. Die roman is op ware gevalle uit die SA regsgeskiedenis geskoei.


Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/journal/10520/EJC-155f9c731f
2018-04-01
2019-10-21

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error