1887

oa Litnet Akademies : 'n Joernaal vir die Geesteswetenskappe, Natuurwetenskappe, Regte en Godsdienswetenskappe - ’n Kritiese betragting van die Gijima-uitsprake - regte

Volume 16 Number 1
  • ISSN : 1995-5928

 

Abstract

Die dispuut in die Gijima-sake het onder meer daaroor gegaan of die remedies vir onregmatige administratiewe handelinge net die draers van die reg op administratiewe geregtigheid toekom en of die betrokke bepalings in die Grondwet en die Wet op die Bevordering van Administratiewe Geregtigheid 3 van 2000 wyer uitgelê kan word om staatsorgane in te sluit.

Daar was ook taamlike verwarring of dit gegaan het om ‘n onregmatige administratiewe handeling, met ander woorde een wat regtens bindend is en tersyde gestel kan word omdat dit nie regmatig is nie, en of die tweede kontrak wat SITA met Gijima gesluit het, waarin ‘n staatskontrak as skadevergoeding vir kontrakbreuk aangebied is, eerder ‘n onregmatige kontrak was op grond van ‘n wanvoorstelling dat voorgeskrewe tenderprosedures nie gevolg hoef te word nie.

Die Gijima-uitsprake konstrueer nou skynbaar sulke geheime ooreenkomste waar voorgeskrewe tenderprosedures omseil is as bindende administratiewe handelinge wat weens onregmatigheid tersyde gestel kan word. Hierdie bydrae probeer om die kwessie of ‘n administratiewe handeling wel tot stand gekom het, in die lig van die definisies van administratiewe handeling en besluit sistematies te ontleed. Indien daar nie ‘n regtens bindende en afdwingbare administratiewe handeling tot stand gekom het nie, kan dit vanselfsprekend nie op geregtelike hersiening geneem word nie. Die howe behoort derhalwe konsekwent te toets of daar ‘n magtigende bepaling is om ‘n besluit te neem, wie gemagtig is om die besluit te neem, of die tipe besluit in die definisie van ‘n "besluit" geïdentifiseer kan word, en of die besluit van ‘n administratiewe aard is. Verder moet getoets moet word of ‘n besluit aan die betrokke persoon vir wie dit bestem is, bekend gemaak is om die direkte eksterne regswerking te verseker. Hierdie stappe is baie belangrik om mistastings soos in die geval van Gijima te vermy.


A critical reflection of the Gijima judgments 

The facts in the Gijima case were briefly that the State Information Technology Agency (SITA) concluded a state contract with Gijima Holdings to provide IT services to the Department of Defence but failed to follow the procurement proceedings prescribed by section 217 of the Constitution and legislation regulating procurement. The contract was offered as damages for the breach of another state contract to provide such services to the South African Police Service (SAPS), which had been terminated prematurely.

One of the points of dispute was whether the remedy to take administrative action on review in terms of section 6 of the Promotion of Administrative Justice Act 3 of 2000 (PAJA) is available only to the bearers of the right to administrative justice or whether it includes state organs. Section 6(1) specifies: "Any person may institute proceedings in a court or a tribunal for the judicial review of an administrative action."

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/journal/10520/EJC-16b3636a5e
2019-04-01
2019-10-17

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error