1887

n Tydskrif vir Geesteswetenskappe - ʼn Beoordeling van die (wan)prestasie van die artikel 185-Kommissie met betrekking tot die regte van gemeenskappe - navorsings- en oorsigartikel

Volume 59 Number 3
  • ISSN : 0041-4751
USD

 

Abstract

A concise assessment of the (mal)performance of the section 185 Commission in relation to the rights of communities

Section 185 of the Constitution of the Republic of South Africa, 1996 provides for the establishment of a Commission for the Promotion and Protection of the Rights of Cultural, Religious and Linguistic Communities. The notion of the rights of communities in contrast to the rights of individuals (belonging to such communities) is central to the mandate of the Commission. Thus the very first of the objects of the Commission under section 185(1)(a) is to promote respect for the rights of cultural, religious and linguistic communities. The remainder of section 185 is permeated with the notion of the rights of communities.

The same obtains for the legislative instrument, the Commission for the Promotion and Protection of the Rights of Cultural, Religious and Linguistic Communities Act, 24 of 2002, that gives further effect to the relevant constitutional provisions namely, most notably in section 4 and section 5(g) and (i) of the Act.

However, the prevalent consensus is that the Commission has been unsuccessful in discharging its responsibilities in relation to community rights. The primary reason is that the Commission has failed to grasp the notion of the rights of communities, thus causing it to be incapable of giving effect to them. This failure is particularly serious especially in view of convincing theoretical arguments in favour of collective rights.


Die Kommissie vir die Bevordering en Beskerming van die Regte van Kultuur-, Godsdiens- en Taalgemeenskappe voldoen nie aan die verwagting om die regte van gemeenskappe te beskerm nie. Die hoofrede hiervoor is dat die Kommissie nie erns maak met die konsep van regte van gemeenskappe, naas individuele regte nie. Op die keper beskou is die beskerming van gemeenskappe die voorwaarde vir uitoefening van talle oënskynlik eg individuele regte, byvoorbeeld die reg op vryheid van uitdrukking, vryheid van assosiasie, asook regte met betrekking tot taal, kultuur en godsdiens. Dit is belangwekkend dat onlangse ontwikkelings op die gebied van die internasionale reg juis groeiende erkenning verleen aan die beskerming van die integriteit van gemeenskappe ten einde sinvolle beskerming aan individue te verleen. Eerstens vertolk die Internasionale Komitee vir Menseregte die oënskynlik individualistiesgeformuleerde artikel 27 van die Internasionale Verbond vir Burgerlike en Politieke Regte (1966) toenemend kollektief ten einde sodoende die klem op die beskerming van gemeenskappe te plaas. Tweedens, vereis die Deklarasie oor die Regte van Persone wat tot Nasionale-, Etniese-, Godsdienstige- en Taalminderhede behoort (1992) van state om daadwerklike stappe te doen om die betrokke minderheidsgemeenskappe te beskerm. Derdens onderskryf die Verenigde Nasies (VN) se Ontwikkelingsverslag (“Development Report”) van 2004 breedvoerig die beginsel van kulturele vryheid en word daar van state vereis dat hulle huishoudelike reg die kulturele vryheid van gemeenskappe aktief bevorder. Terselfdertyd keer die Verslag staatsbeleid wat kulturele homogenisering meebring onomwonde af. Dit is noodsaaklik dat Suid-Afrikaanse staatsorgane met inbegrip van die Kommissie van hierdie ontwikkelings kennis neem en dienooreenkomstig optree. Die Kommissie se nalate om juis dit te doen, verklaar in beduidende mate sy eie mislukking.

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/journal/10520/EJC-1869b5a781
2019-09-01
2019-11-20

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error