1887

n Journal of South African Law / Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg - The South African human rights commission : a last lifebuoy or pulling the plug?

Volume 2019 Number 4
  • ISSN : 0257-7747

Abstract

Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (die menseregtekommissie), ’n hoofstuk 9-instelling met ’n belangrike grondwetlike doel, is in 2018 versoek om ondersoek in te stel nadat verskeie ernstige bewerings van haatspraak, rassediskriminasie en treitering by Unisa aan die lig gekom het. Die doel van die outeur met hierdie artikel is om die prosedure wat die menseregtekommissie gevolg het teen die toepaslike wetsbepalings en die riglyne vir die hantering van klagtes sowel as die bepalings in die menseregtekommissie se eie werknemershandleiding, krities te ondersoek en af te weeg.

Die analise dui daarop dat daar verskeie tekortkominge in die proses was wat die uitkoms van die ondersoek negatief beïnvloed het, te wete: (a) die paneel van kommissarisse was nie verteenwoordigend nie; (b) belangrike definisies van die gewraakte gedrag wat die onderwerp van die ondersoek was, is nie verstrek nie; (c) die bestek van die ondersoek was te breed en is gedurende die ondersoek lukraak gewysig sonder om aan die belanghebbendes ’n gewysigde raamwerk te verskaf; (d) die paneel het geblyk bevooroordeeld te wees; (e) die wyse waarop getuienis afgeneem is, was nie konsekwent nie; (f) die getuienis wat gelewer was, was nie onder eed afgeneem of gedurende die ondersoek op juistheid getoets ten einde te bepaal of dit korrek is nie; (g) sekere getuies is op ’n onvanpaste, vyandige wyse ondervra; (h) die kommissarisse het nie vir slagoffers wat tydens die ondersoek gespot is in die bresse getree nie; (i) daar is nie aan die beginsels van natuurlike geregtigheid voldoen nie en (j) daar is nie by die tydskedule gehou nie.

Enige waarde van die voorstelle wat deur die menseregtekommissie gemaak word in die finale verslag, is grotendeels genegeer. Die verslag wat uiteindelik aan belanghebbendes uitgereik is, is selektief geredigeer en is nie volledig nie.

Daar is ook gebreke in die verslag self. Nie al die kwessies wat die menseregtekommissie moes ondersoek, is aangespreek nie. Die menseregtekommissie was nie die slagoffers van rassisme, haatspraak en treitering behulpsaam nie, en van die klagtes wat selektief in die verslag verskyn, is gemanipuleer of onakkuraat weergegee. Vir die outeur is dit duidelik dat in dié geval die menseregtekommissie nie aan sy konstitusionele mandaat voldoen het nie.

Die afdwingbaarheid en aanvegbaarheid van die voorstelle wat deur die menseregtekommissie gemaak is in die finale verslag, word ook ondersoek. Die outeur kom tot die slotsom dat voorstelle soos dié wat die menseregtekommissie in hierdie geval maak, nie finale bevindings is wat vatbaar is vir hersiening nie. Daar is tans ook geen wetsbepaling in die Suid-Afrikaanse reg wat aan die menseregtekommissie enige bevoegdheid verleen om regtens of by wyse van direktiewe hul voorstelle ter bereddering van die wantoestande geopenbaar in hul ondersoek af te dwing nie. Aangesien Unisa ’n afsonderlike ooreenkoms met die menseregtekommissie aangegaan het oor die implementering van die voorstelle, bespiegel die outeur oor die noodsaak om wél van die voorstelle op hersiening te neem. Dit blyk op verskillende gronde moontlik te wees. Ten einde aan die internasionale voorskrifte vir geakkrediteerde menseregte instellings te voldoen én publieke vertroue in die instelling te herwin, is dit noodsaaklik dat die menseregtekommissie sy mandaat en rol waarneembaar heroorweeg

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/journal/10520/EJC-1886fe0a8d
2019-10-01
2020-02-23

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error