1887

n Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie - Oorsig van faseveranderingsmateriaal vir sub-zero temperatuurtoepassings in verkoelingsvervoer - research

Volume 38 Number 1
  • ISSN : 0254-3486
  • E-ISSN: 2222-4173

Abstract

Hierdie artikel bied ’n oorsig van die tradisionele gebruik van faseveranderingsmateriaal (FVM) in verkoelingsvervoer. Die meerderheid faseveranderingsmateriale in bouwerk en konstruksie word vir ruimtelike verwarming en verkoeling, kweekhuis-verhitting, kook met sonkrag, en die berging van son-energie vir waterverhitting gebruik. Daar is egter ’n merkbare afwesigheid van literatuur oor die aanwending van faseveranderingsmateriaal vir gebruik om bevrore voedselprodukte te bewaar. Hierdie oorsig fokus op latente hittebewarings (LHB) materiale se gebruik in padvervoer by ’n lae temperatuur (sub-zero), en van die voordele vir die verkoeling van bederfbare voedsel oor kort- en lang-afstande. Die voordele van die gebruik van latente hitte-bewaringsmateriaal, eerder as ’n konvensionele meganiese verdampings-kompressiesisteem, word ondersoek met die klem op die omgewingsimpak en moontlike langtermyn nadele. Die studie fokus ook op die noodsaaklikheid om nuwe faseveranderingsmateriaal met hoë termiese siklusse en minimale degradering te ondersoek, ten einde die suksesvolle gebruik in verkoelingsvervoer oor die langtermyn te verseker. Kriteria vir die seleksie van toepaslike faseveranderingsmateriaal word opgesom, en ’n klassifikasie van faseveranderingsmateriaal, gebaseer op smelttemperature en latente warmte, word getabuleer. Faseveranderingsmateriaal en die oordrageienskappe daarvan is ontleed ten einde die eienskappe van faseveranderingsmateriaal op te som, en die akkuraatheid van elke navorsingstegniek word beoordeel op grond van soortgelyke studies wat deur ander navorsers publiseer is. Die faseveranderingsmateriaal wat in verkoelingsvervoer gebruik word, is empiries ontleed, en termiese-fisiese krite wat noodsaaklik is vir verskillende toepassings is ook onder die vergrootglas geplaas.


Review on phase change materials for sub-zero temperature application in transport refrigeration: This paper reviews the use of phase change materials (PCMs) in road transport refrigeration. The use of thermal energy storage systems in transport refrigeration focusing particularly on PCMs that have been used in recent years is reviewed. The majority of PCMs are used in building applications for space heating and cooling, greenhouse heating applications, solar cookers, and storage of solar energy for water heating. However, there is minimal focus in the literature on their use in road transport refrigeration in low temperature (sub-zero) application for maintaining frozen foodstuff (products). The focus of this work is on latent heat storage (LHS) materials used in road transport refrigeration and their benefits in the refrigeration of perishable foodstuffs for short- and long-distance transportation. The benefits of using LHS materials over a conventional mechanical vapour compression system are explored with reference to the environmental impact and their disadvantages in the long term. This paper also focuses on the need to develop new PCMs with high thermal cycles and minimal degradation to ensure their successful use in the transport refrigeration industry. Criteria for selecting suitable PCMs for different applications were summarised, and classification of PCMs based on their melting temperature and latent heat were tabulated. Heat transfer materials for increasing PCM performance were analysed as well as the effect of container material corrosion on PCM stability. The different thermal techniques used for determining the properties of PCMs were summarised, and the accuracy of each technique was explored based on similar research work by other researchers. The PCMs that have been used in transport refrigeration as well as the thermo-physical criteria that are needed for different applications were analysed.

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/journal/10520/EJC-1965ef6bc1
2019-01-01
2020-02-25

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error