1887

n Tydskrif vir Geesteswetenskappe - Die storie van Afrikaans – uit Europa en van Afrika, Deel 2 deur WAM Carstens en EH Raidt - research

Volume 59 Number 4
  • ISSN : 0041-4751
USD

 

Abstract

The story of Afrikaans – out of Europe and from Africa, Part 2 by WAM Carstens and RH Raidt As part of a two-volume publication, Die storie van Afrikaans – uit Europa en van Afrika (The story of Afrikaans – out of Europe and from Africa), this publication, together with its predecessor, probably represents the most comprehensive historiography of this language ever. It provides a plethora of information, as well as access to a wide variety of resources about Afrikaans. This article links on to Jac Conradie’s thorough review of Part 1 (chapters 1-11) in Litnet, and takes cognisance of a general review on the language political aspects of the publication as a whole by Joan Hambidge in Rapport, but concentrates on the content of Part 2 (chapters 12-24). The authors approach the publication under discussion from a number of different perspectives: (1) linguistic, with reference to the nature of language and the development of linguistics as a science, (2) geolinguistic, in providing an overview of the distribution of languages across the world, indicating where Afrikaans fits in, (3) historical-linguistic, in which the “stirps” of Afrikaans within the genealogical classification of languages are traced, and (4) socio-historical, in which history serves as a framework for an understanding of the way Afrikaans came into being as a language of/in this country. The point of departure is the premiss that a form of the Dutch dialect of South Holland was brought to the Cape in the 17th century and formed the basis of what eventually became Afrikaans. Within the theoretical framework of language change, a variety of theories are discussed, on the basis of empirical data.

As tweede boekdeel van ʼn geskiedenis van Afrikaans verteenwoordig hierdie publikasie die Afrika-komponent van ʼn omvattende beskrywing, waarvan die Europese herkoms in die eerste deel gedek word. Met inagneming van die tydperk waarin die eerste bewoners van die subkontinent hier woonagtig was, word die tydlyn dan vanaf die middel van die 17de eeu getrek, toe ʼn Suid-Hollandse vorm van Nederlands as kerndialek aan die Kaap geënt is, en oor die volgende eeu en ʼn half blootgestel is aan, en beïnvloed is deur, sprekers van talle ander tale. Die taalkonflik wat ontstaan het vanaf die oorname van die Kaap deur die Britse Ryk, en ʼn taalgebaseerde nasionalisme tot gevolg gehad het, word aan die hand van sosiopolitieke gebeure beskryf. Hiervan was die tweede Anglo-Boereoorlog teen die eeuwending, wat saamval met ʼn skeiding en oorgang tussen twee taalbewegings, ook ʼn keerpunt. ʼn Stryd om erkenning, aanvanklik op die rug van Nederlands, het uiteindelik gelei tot die verampteliking en standaardisering van Afrikaans. Die wisselwerking tussen Afrikaans en die politiek word in hoofstuk 20 beskryf, wat die periode tussen 1948 en 1994 dek, ʼn tydperk wat gelei het tot polarisasie tussen sprekers van Afrikaans van verskillende kleure. In die beoordeling van die agteruitgang van Afrikaans as taal van hoër funksies in die post-1994-periode wys die outeurs op die kompleksiteit van feite en persepsies wat daarmee gepaard gegaan het, en hoe versoening tussen voorheen vervreemde Afrikaanstaliges tot stand gekom het (en kom). Ten slotte word ʼn Janusblik gewerp op sowel die verlede (waarin die rol van alle sprekers van Afrikaans in geskiedskrywing en aktuele gebeure erken word) as die toekoms, met inagneming van wat noodsaaklik is vir die sinvolle voortbestaan van die taal.

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/journal/10520/EJC-19f5037cad
2019-12-12
2020-02-20

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error