1887

n Tydskrif vir Geesteswetenskappe - P.G. du Plessis. Hy was ’n rukkie pagter hier. ’n Huldiging, Heilna du Plooy (Red.) - book review

Volume 59 Number 4
  • ISSN : 0041-4751
USD

 

Abstract

Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns het besluit om ’n reeks huldigingsbundels “ter ere van literêre kunstenaars wat die Akademie se Hertzogprys ontvang het” te onderneem. Die eerste hiervan, onder redaksie van Jacques van der Elst, het in 2017 verskyn, Adam Small: Denker Digter Dramaturg. Die volgende drie bundels het sommer almal in hierdie jaar verskyn: Pieter Fourie – Teatermaker, onder redaksie van Fanie Olivier, P.G. du Plessis. Hy was ’n rukkie pagter hier, onder redaksie van Heilna du Plooy en pas, net betyds vir Breyten Breytenbach se tagtigste verjaarsdag het die vierde huldigingsbundel verskyn, naamlik, breyten breytenbach. woordenaar woordnar, onder redaksie van Francis Galloway. Die doel van hierdie huldigingsbundels word op die agterflap van die P.G. du Plessisbundel onder meer uitgespel as ’n manier om die “statuur van Hertzogpryswenners te vergestalt”. Daar is min twyfel dat die Herzogprys hoë prestigewaarde het, maar die toekenning van dié prys was deur die jare dikwels omstrede. Adam Small het byvoorbeeld nie die Hertzogprys in die 1960’s ontvang toe hy beslis daarvoor in aanmerking gekom het nie en is eers in hierdie eeu, nadat die politieke situasie in die land verander het, met dié prys vereer. In woordenaar woordnar wy Francis Galloway ’n lang hoofstuk aan die omstrede wyse waarop die toekenning van die Hertzogprys vir poësie om politieke redes ook nie aan Breytenbach gemaak is gedurende die 1960’s en 1970’s nie en die herrie wat in 1984 ontketen is toe Breytenbach die Hertzogprys met skerp kritiek op die Akademie van die hand gewys het. In 2008 is die Hertzogprys weer aan hom toegeken en hierdie keer het hy dit ook aanvaar.

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/journal/10520/EJC-19f56614dc
2019-12-12
2020-02-19

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error