1887

n Tydskrif vir Geesteswetenskappe - Insigte uit Opvoedkundige Sielkunde, Irma Eloff & Estelle Swart (Reds.) - book review

Volume 59 Number 4
  • ISSN : 0041-4751
USD

 

Abstract

Hierdie boek verskyn op ’n kritieke stadium vir opvoedkundige sielkunde as wetenskap en beroep in Suid-Afrika. Tans word die kernfunksies en bestek van die praktykbeoefening van geregistreerde opvoedkundige sielkundiges deur die Beroepsraad vir Sielkunde (Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika, 2017) deur sielkundiges in ander registrasiekategorieë bevraagteken, omdat dit na bewering geneig is om te oorvleuel met ander registrasiekategorieë in die Sielkunde (27 – asook Strous 2018). Terselfdertyd word die tersaaklikheid van opvoedkundige sielkunde as wetenskaplike dissipline, wat ’n gevestigde grondslag in Westerse middelklasnavorsing het, vir die komplekse Suid-Afrikaanse kultuurhistoriese konteks toenemend bevraagteken en gekritiseer (17 – asook Kumar 2017 en Moolla & Lazarus 2014). Dit is vraagstukke wat werklik die toekoms van opvoedkundige sielkunde as wetenskaplike dissipline en beroep ten nouste raak en wat met die nodige sensitiwiteit maar ook waagmoed in diepte aangepak behoort te word om die toekoms daarvan in Suid-Afrika te verseker. Hierdie boek moet egter nie as ’n poging beskou word om dergelike vraagstukke, debatte daaromheen asook die implikasies daarvan vir die pad vorentoe vir opvoedkundige sielkunde in ’n diverse samelewing in diepte aan te spreek nie (9, 17). Dit fokus volgens die redakteurs eerder daarop om huidige insigte in opvoedkundige sielkunde te verruim deur “die status quo van opvoedkundige sielkunde in Suid-Afrika weer te gee” (xxix) op kernagtige wyse en sodoende ook erkenning te verleen aan die “grense waarbinne opvoedkundige sielkunde ([tans], my invoeging) gedefinieer word” (xxix). Dit bied dan ook spesifiek aan navorsers die geleentheid om kortliks hulle navorsing aan ’n wyer gehoor bekend te stel.

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/journal/10520/EJC-19f5757b0d
2019-12-12
2020-06-06

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error