1887

n Die Kerkblad - Die mense van die eerste Kersnag - feite en fiksie (1) - fokus

Volume 121 Number 3341
  • ISSN : 0023-0596

Abstract

As ons aan Kersfees dink, dink ons uiteraard aan die Kindjie in die krip. Maar ons dink onwillekeurig ook aan ’n hele klomp ander mense van die eerste Kersnag: Josef, Maria, die skaapwagters, die wyse manne en Herodes. Hoe meer ons oor hierdie mense nalees, hoe duideliker word dit: God het hierdie mense doelgerig en noukeurig as rolspelers by die geboorte van Jesus gekies. Met elkeen van hulle word as ’t ware ’n stelling gemaak oor wie die kindjie van Betlehem was. (Lees verderaan in hierdie uitgawe nog meer oor die mense van die eerste Kersnag.)

Die engel Gabriël

Die heel eerste rolspeler was nie ’n mens nie, maar ’n engel. Uit die Bybel ken ons sy naam: Gabriël. Die naam “Gabriël” beteken “sterk man van God”. Volgens die Joodse tradisie is hy een van die sewe aartsengele. Of dit waar is, weet ons nie. Ons weet wel dat hy as God se boodskapper optree. Dit is wat die woord “engel” beteken: boodskapper of aankondiger.

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/journal/10520/EJC-1a9581d183
2020-01-01
2020-09-23

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error