1887

n Stilet : Tydskrif van die Afrikaanse Letterkundevereniging - “my stad kan wel vertrou word” : stad as ruimte in Jan, Piet, Koos en Jakob (2019)

Volume 30 Number 1-2
  • ISSN : 1013-4573

Abstract

Die stad as ruimte is ʼn tema wat sterk in Loftus Marais se bekroonde debuutbundel Staan in die algemeen nader aan vensters (2008) en die daaropvolgende bundel Kry my by die gewone plek aguur (2012) met die veelseggende subtitel, Kaapstadse gedigte, voorkom. In Marais se derde bundel Jan, Piet, Koos en Jakob (2019) word die tematiese verkenning van die stad as ruimte voortgesit. Die vernaamste verskil egter is dat die stad wat die meeste aandag in die nuwe bundel geniet, nie Kaapstad is nie, maar Johannesburg. Eksplisiete verwysings na merkers soos Malibongwe-weg (“Botsing”, 17), Parkhurst (“Kostumering”, 56) en die “Virgin Active-stoomkamer, Randburg” (52) bevestig die Johannesburgse ruimte vir die leser, alhoewel Kaapstad ook sy verskyning maak met verwysings na die Suidoosterwind (“Jantjie Skuinsdwars”, 11) en die Virgin Active Tyger Valley (“Heet”, 51). Net soos in die vorige bundels word die stedelike ruimte ook hier ingespan vir meer as net geografiese plek.

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/journal/10520/EJC-1b5e6992da
2018-11-01
2020-09-19

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error