1887

n Stilet : Tydskrif van die Afrikaanse Letterkundevereniging - “[E]k het ʼn boek van name”: (on)sistematiese benoeming in Loftus Marais se Jan, Piet, Koos en Jakob (2019). ʼn Resensie

Volume 30 Number 1-2
  • ISSN : 1013-4573

Abstract

“ek vra die vreemdheid wat’s sy naam” (p. 9). So eindig die aanvangsgedig “Jakob Engelstoeier” in Loftus Marais se nuutste bundel, Jan, Piet, Koos en Jakob (2019). Soos die bundeltitel aantoon, is name, naamgewing en benoeming van die belangrikste tematiese en strukturele merkers. Alhoewel dié vier name ʼn baie spesifieke kulturele, talige en genderkonteks aktiveer, delf die gedigte veel dieper as mensename, en selfs eiename. Die bundel voer ʼn wye maar subtiele gesprek rondom die aksie om ʼn spesifieke woord aan iets toe te ken, om met “die liggaam se vermetelste voortbrengsel, stem” (p. 9) die “veelheid vreemdheid” (p. 47) te probeer ver-taal. Dit is tegelykertyd ʼn spel met die vermoë van taal om op kreatiewe en metaforiese maniere betekenis aan woorde te heg, en die oneindige afstande wat bestaan tussen tekens en betekenis. Die bundel ondersoek sodoende die betroubaarheid én onbetroubaarheid van taal om menslike ervaring oor te dra.

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/journal/10520/EJC-1b5e6ffba8
2018-11-01
2020-09-24

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error