1887

oa Litnet Akademies : 'n Joernaal vir die Geesteswetenskappe, Natuurwetenskappe, Regte en Godsdienswetenskappe - ’n Hervoorstelling van die begrip Grond tydens ’n ondersoek na die rol van Grondgebaseerde onderwys in Suid-Afrika

Volume 16 Number 3
  • ISSN : 1995-5928

 

Abstract

Reeds sedert die aanvang van die koloniale era in Suid-Afrika is grond ’n emosiebelaaide en sensitiewe kwessie. Tot dusver is die vraagstuk rondom grond hoofsaaklik vanuit eng politiese en ekonomiese perspektiewe benader, terwyl die opvoedkunde óf onderbeklemtoon óf totaal afwesig tydens gesprekvoering was. Dit is uitgangspunte soos hierdie wat grond tot ’n kommoditeit verskraal. Die doeltreffendheid van so ’n benadering tot grond is egter verdag en verskeie aannames kan gemaak word wanneer daar veral na die gewelddadige protesaksies gekyk word wat met huidige grondhervormingsprosesse gepaardgaan. Met hierdie artikel voer ek aan dat die neiging tot gewelddadige optrede waarskynlik toegeskryf kan word aan ’n onbewustheid en onkunde oor “grond as ’n multidimensionele konsep” wat onder politici, sakelui en gewone Suid-Afrikaners bestaan, soos ook deur J. Gerber in ’n koerantberig van 2018 geïmpliseer word. Die artikel het dit ten doel om ’n uitgebreide beskouing oor die konsep grond te bied en die veelvlakkigheid daarvan binne die opvoedkunde te verken. Ek gaan van die standpunt uit dat grond veel meer as net die fisiese insluit en dat daar ’n onderlingverweefde verhouding tussen die self en grond bestaan − een wat die self geestelik en emosioneel aan grond verbind. Dit is hierdie outentieke en natuurlike verhouding tussen die mens en grond wat die regering verontagsaam en buite rekening laat tydens gesprekvoering en besluitneming rakende grondhervorming. Ek voer aan dat sensitiewe gevoelskwessies, soos dié oor grond, baie kompleks en omvattend is en dat dit elke Suid-Afrikaanse burger se reg en verantwoordelikheid is om ingelig te wees oor die enorme omvang daarvan. ’n Groter bewustheid kan moontlik tot ’n afname in protesaksies lei. Dit kan dalk ook die eng, bestaande benaderings rondom grondhervorming verander. Ek verken hiermee Grondgebaseerde onderwys as ’n potensiële medium waardeur daar ’n groter bewusmaking kan wees oor die verweefde aard van die begrip grond. Dit is hierdie bewustheid wat daadwerklik bevorderlik is en wat ernstig oorweeg behoort te word deur alle burgers – nie net deur middel van hoofstroomonderwys nie, maar ook deur alle sektore wat betrokke is by grondhervormingsinisiatiewe in Suid-Afrika.

A reconceptualisation of the term “Land” in an investigation of the role of Land-based education in South Africa

Land has been a sensitive and emotive issue since the earliest times of colonialism in South Africa. To date, the question of land has been addressed primarily from narrow political and economic perspectives, while education on the topic has been either underemphasised or completely absent from these discourses. It is perspectives such as these that reduce land to being simply a commodity. Yet the effectiveness of such approaches to the land issue may be doubted, especially in the context of the current violent protest actions linked to land reform. In this article I argue that a possible reason for these protest actions could be the lack of awareness of “land as a multidimensional concept” among politicians, businessmen and indeed most South Africans, as Gerber implies in a newspaper report in 2018. A distinction between land (small letter “l”) as a physical commodity and Land (capital letter “L”) as an allencompassing concept is therefore made here to emphasise its various interpretations and use. This article aims to provide a wide-ranging perspective on the concept of land and to explore its multidimensional implications in the field of education. My point of departure is that the concept of land encompasses far more than just its physical aspect, but that there is a connectedness between the self and Land – one that connects the self spiritually and emotionally to Land. It is this authentic and natural relationship that is often overlooked and neglected in the discussions about, and decisions taken by government on, land reform. I argue that an emotive issue such as land is far more complex and all-encompassing, and that it is every South African citizen’s right and responsibility to be informed about the scope of this question. A more nuanced awareness of the issue might lead to a decline in protest actions and to a change in the prevailing narrow approaches to land reform. Consequently, I explore a potential avenue through which a greater awareness of the complex nature of land could be cultivated, namely Land-based education. It is this type of awareness that needs to be urgently promoted and seriously considered by all citizens – not just through mainstream education, but in all sectors related to land-reform initiatives in South Africa.

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/journal/10520/EJC-1c27f727fe
2019-12-01
2020-09-26

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error