1887

oa Litnet Akademies : 'n Joernaal vir die Geesteswetenskappe, Natuurwetenskappe, Regte en Godsdienswetenskappe - Voorkomende geskilbeslegting by voogdyskap-, sorg- en kontakaangeleenthede in Suid-Afrika

Volume 16 Number 3
  • ISSN : 1995-5928

 

Abstract

In die artikel word voorkomende geskilbeslegting by voogdyskap-, sorg- en kontakaangeleenthede in Suid-Afrika bespreek. Die vraag wat ondersoek word, is of daar genoegsame voorkomende geskilbeslegting by hierdie aangeleenthede in Suid-Afrika is. Eerstens word die begrip voorkomende geskilbeslegting gedefinieer. Tweedens word tradisionele geskilbeslegtingsmetodes in Afrika-gemeenskappe ondersoek. Daarna word geleenthede vir voorkomende geskilbeslegting in voogdy-, sorg- en kontakaangeleenthede in Ghana, Kenia en Suid-Afrika bespreek. Laastens word aanbevelings vir die implementering van voorkomende geskilbeslegting by die betrokke aangeleenthede in Suid-Afrika gemaak. Daar word bevind dat voorkomende reg moet pas by sowel die regstelsel in die geheel as by die unieke omstandighede van die betrokke gesin en dat daar vele geleenthede is om voorkomende reg in voogdyskap-, sorg- en kontakaangeleenthede in Suid-Afrika aan te wend. Alhoewel “therapeutic jurisprudence” op die voorgrond in die VSA is, word aanbeveel dat voorkomende geskilbeslegtingsmetodes nie vanuit ’n suiwer Amerikaanse hoek beskou moet word nie. Daar moet eerder aandag geskenk word aan die geskilbeslegtingsmetodes wat in die tradisionele Afrika-gewoontereg en die Suid-Afrikaanse privaatreg beskikbaar is, en hierdie metodes kan ook gekombineer word. Die uitdaging is egter om hierdie metodes in die praktyk toe te pas. Dit is moeilik om te weet hoe suksesvol voorkomende geskilbeslegting is, want suksesvolle voorkomende geskilbeslegting word nie in hofverslae gerapporteer nie. Die rede is dat suksesvolle voorkomende geskilbeslegting in ’n ongerapporteerde skikkingsooreenkoms vervat word wat ’n bevel van die hof gemaak word, of dat die geskil opgelos word voor dit in ’n hofgeding ter sprake kom.

Preventive dispute resolution in guardianship, care and contact matters in South Africa

In this article preventive dispute resolution in guardianship, care and contact matters in South Africa is discussed. The question explored is whether sufficient preventive dispute resolution occurs in such matters in South Africa. Firstly, the concept of preventive dispute resolution is defined. Originally preventive law described the matter when lawyers used to counsel their clients about how to achieve their goals in ways that would avoid future legal problems. Preventive law was used mainly in the fields of estate and business planning. The preventive lawyer uses periodical legal check-ups to identify possible future legal problems and helps clients to avoid future legal problems by using drafting approaches, problem-solving techniques, and alternative dispute resolution mechanisms. The lawyer and client can take various steps to prevent disputes, which include identifying issues where there might be a psychological concern; determining the legal procedure that is most likely to have either positive therapeutic effects or will minimise the negative effects; analysing future legal procedures from the viewpoint of preventive law and choosing the legal procedures that will maximise the opportunity for positive effects and minimise the risk of negative effects and establishing a system for dealing with unexpected events so that non-therapeutic legal procedures can be avoided. In the 1990’s a mutually beneficial link was made between preventive dispute resolution and therapeutic jurisprudence. Therapeutic jurisprudence offers preventive law a focus that embraces an ethic of care, while preventive law reciprocates by offering therapeutic jurisprudence a set of practical office procedures. These two concepts can, for example, enhance a divorce process by identifying the legal issues that later lead to psychological issues and further disputes. Neutral evaluators also play a role here.

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/journal/10520/EJC-1c32211ec8
2019-12-01
2020-09-23

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error