1887

n Servamus Community-based Safety and Security Magazine - Redaksioneel / Editorial - gereeld

Volume 113 Number 4
  • ISSN : 1015-2385

Abstract

'n Paar dae nadat President Cyril Ramaphosa op 15 Maart 2020 omvattende aankondigings gemaak het ten opsigte van die nasionale ramptoestand waarin die land geplaas word as gevolg van Covid-19 (Coronavirus), staan ek in 'n ry by 'n supermark om die week se kruideniersware te betaal. Nodeloos om te sê handel die gesprek tussen die kassier en die klant voor my oor die virus en hoe dit die algemene gesprekspunt is. Dis toe dat die klant die opmerking maak dat sy wens dat almal sommer "Corona gelyk kan kry" sodat dit oor en verby kan wees en ons weer normaal kan aangaan met ons lewens. Verwaand, arrogant of oningelig, wonder ek in my stilligheid, maar dis eers later dat ek besef dat hierdie dame se opmerking niks anders as selfsugtig was nie. Die jonger garde onder ons of wat 'n gesonde immuunstelsel het, mag in teorie, relatief "maklik" herstel as hulle wel positief getoets word vir die virus, maar diegene wat ouer is en/of 'n onderliggende siektetoestand het, het 'n baie kleiner kans op 'n vinnige herstel. Om die virus te versprei sodat almal dit gelyk kan kry, sal vir seker baie meer skade aanrig as wat hierdie klant ooit kan besef. Dit was ook in daardie dae wat die Departement van Samewerkende Bestuur en Tradisionele Sake 'n reeks regulasies in die Staatskoerant van 18 Maart 2020 gepubliseer het wat praktiese vereistes stel wat tydens die ramptoestand geld. (Besoek gerus Servamus se Facebook-bladsy vir 'n skakel na hierdie Staatskoerant.) Van die belangrike regulasies sluit in dat niemand vals nuus en berigte oor die virus mag versprei nie, of iemand opsetlik mag besmet nie en dat diegene wat skuldig is hieraan, krimineel vervolg mag word. Nogal 'n goeie waarskuwing vir almal in hierdie tyd.

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/journal/10520/EJC-1c4a70b690
2020-04-01
2020-09-27

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error