- Home
- A-Z Publications
- LiG
- Issue Home
LiG - latest Issue
Feb 2019
-
“My lekkerste rol nóg!”
Author Ilse SalzwedelSource: LiG 2019, pp 12 –17 (2019)More LessOm “Ma” by jou CV te kan voeg, sal jou dalk nie ’n nuwe rol in ’n TV-sepie besorg nie. Maar dit sal jou ryker maak as wat enige hoofrol kan, en dit bring ’n veel groter beloning as enige toekenning. Kortweg: Daar is géén vergelyking tussen ’n Oscar en ’n Davey nie.
-
’n Prater wat pret maak
Author Conette le RouxSource: LiG 2019, pp 18 –19 (2019)More LessSy is ’n motiveringspreker, maar sy verkies om haarself “’n pretprater” te noem. Die afgelope twintig jaar tree sy al voor gehore op, saai sy die saad genaamd “Positiwiteit” – én sorg sy dat dit alles groot pret is.
-
“Saam – en aanlyn – is ons beter!”
Author René BadenhorstSource: LiG 2019, pp 20 –21 (2019)More LessHulle het die aanlyn-gemeenskap as gemeente. En, soos alle predikers, moet hulle dan God se Woord in vandag se woorde verkondig. Maar ook in ’n splinternuwe styl.
-
’n Wêreld groter as jou omstandighede
Author Mariska SpoormakerSource: LiG 2019, pp 22 –24 (2019)More LessAs jy in jou hart ’n maatskaplike werker is, sal jy dit bly. Ongeag die draaie wat die lewe met jou loop. Dit is ’n roeping waarvan die Stem nooit stil word nie. Juis ook nie wanneer die werkomstandighede jou op vele maniere beproef nie.
-
Met God as vennoot ...
Author Dawid YzelleSource: LiG 2019, pp 26 –28 (2019)More LessDie sakewêreld is ’n harde wêreld. Só lui die populêre wysheid. Die werklikheid lyk egter soms anders: Daar is sakemanne en -vroue wat hul sakebedrywighede doelbewus as ’n koninkryksaak bestuur. Entrepreneurs vir die evangelie, kan jy hulle noem.
-
Huisgodsdiens? Maak ’n plan vir 2019!
Author René BadenhorstSource: LiG 2019, pp 34 –37 (2019)More LessDaar gebéúr net iets wanneer ’n gesin bymekaarkom om saam na God se stem te luister. Só sê dié wat weet. Maar is huisgodsdiens hoegenaamd haalbaar? Is daar ’n realistiese kans om dit vol te hou ánderkant ’n mooi nuwejaarsvoorneme?
-
Kyk net my oulike kind!
Author Susan GoosenSource: LiG 2019, pp 38 –41 (2019)More LessJy is opgewonde oor jou kinders se prestasies en wil dit graag met almal deel. Daarvoor gebruik jy Facebook, Instagram, Twitter, WhatsApp en wat nog nie alles nie. Maar pasop! Jou aanlynentoesiasme kan jou kinders duur te staan kom ...
-
“Só begin ons storie ...”
Author Conette le RouxSource: LiG 2019, pp 42 –44 (2019)More LessElke paartjie kan ’n storie vertel oor hoe hulle mekaar ontmoet het. En waar. En onder watter omstandighede. Soms lag hulle hardop as hulle dié verhaal oorvertel; soms is daar bloot ’n sagte glimlag. Hier is ’n klompie sulke stories.
-
Van plig na passie in jou beroep
Author Susan GoosenSource: LiG 2019, pp 46 –49 (2019)More LessWat motiveer jou om soggens op te staan en te gaan werk? Is dit meer as bloot pligsbesef? En hoe gemaak as jy agterkom dat jy bloedweinig plesier uit jou dagtaak put?
-
Wanneer God jou uit godsdiens se kloue red …
Author Stephan JoubertSource: LiG 2019, pp 50 –52 (2019)More LessGodsdiens het waarskynlik meer met die godsdienstiges te doen as met God. Daar is meer vrees in godsdiens as vrede, veel meer vingerwysing as vreugde. Die navolging van Jesus, aan die ander kant, laat jou op ’n nuwe manier na God en na God se skepsels kyk. Én na jou diens aan Hom en hulle. Dit leer jou hoe om in sy koninkryk te leef.
-
Jesus se bruid ...
Author Stephan JoubertSource: LiG 2019, pp 54 –55 (2019)More Less“Daar sit gans te veel skynheiliges in die voorste kerkbanke!” Só lui die beskuldiging – en dis natuurlik ’n akkurate waarneming. Daar is tog nie ’n bordjie op die kerkdeure waarop “Toegang Voorbehou!” staan nie. Almal is dus welkom, hier by Jesus se plek.