Transactions of the Centre for Business Law - latest Issue
Volume 2012, Issue 48, January 2012
-
Algemene oriëntering
Author L.M. JacobsSource: Transactions of the Centre for Business Law 2012, pp 1 –5 (2012)More LessDie huidige ekonomiese klimaat bring mee dat al hoe meer maatskappye onder finansiële druk verkeer. Ingevolge 'n verslag deur Statistiek Suid-Afrika is daar vanaf 1 Januarie 2005 tot en met 31 Desember 2010 10 484 maatskappye in Suid-Afrika gelikwideer, wat beteken dat daar gemiddeld 1 700 maatskappye per jaar oor die tydperk gelikwideer is. Dit is dus duidelik dat die wetgewer moes optree in 'n poging om die likwidasiegetalle te laat afneem. Wanneer 'n besigheid onsuksesvol is, beïnvloed dit verskeie partye. Nie net word die skuldeisers van die maatskappy daardeur geraak nie, maar ook die werknemers, beleggers en verskaffers van die maatskappy. Dit kan selfs negatiewe sosio-ekonomiese gevolge ten opsigte van die gemeenskap waarbinne dit funksioneer, veroorsaak. Navorsing op die gebied van besigheidsredding is derhalwe relevant en aktueel.
-
Die geskiedenis van besigheidsredding
Author L.M. JacobsSource: Transactions of the Centre for Business Law 2012, pp 6 –17 (2012)More LessAlhoewel Suid-Afrikaanse pogings tot dusver tot 'n geslaagde besigheidsreddingsmodel grootliks onsuksesvol was, moet dit steeds gemeld word dat Suid-Afrika eintlik baanbrekerswerk op die gebied verrig het.
Die hoofstuk het ten doel om die ontstaan en ontwikkeling van besigheidsredding te ontleed.
-
Besigheidsredding : definisie en doel
Author L.M. JacobsSource: Transactions of the Centre for Business Law 2012, pp 18 –29 (2012)More LessIn hierdie hoofstuk word daar gekyk na wat presies met die term "besigheidsredding" of te wel "business rescue" bedoel word asook na die doel van sodanige besigheidsreddingskema.
-
Die vereistes
Author L.M. JacobsSource: Transactions of the Centre for Business Law 2012, pp 30 –57 (2012)More LessIn hierdie hoofstuk word daar hoofsaaklik gefokus op die vereistes waaraan 'n maatskappy moet voldoen alvorens die hof 'n besigheidsreddingsmodel sal goedkeur. In die geval van ondernemingsredding die vereistes waaraan daar voldoen moet word voordat die direksie by wyse van 'n besluit of 'n aansoek by die hof deur 'n geaffekteerde persoon die maatskappy onder ondernemingsredding plaas. Daar sal ook gekyk word na die toepassingsterreine van beide besigheidsreddingsmodelle.
-
Die proses
Author L.M. JacobsSource: Transactions of the Centre for Business Law 2012, pp 58 –108 (2012)More LessHierdie hoofstuk het 'n uiteensetting en ontleding van die reddingsproses ten doel. Die ondernemingsreddingsproses verskil wesenlik van sy geregtelike bestuur voorganger en derhalwe sal daar gepoog word om vas te stel in welke mate die prosedures ooreenstem en in welke mate dit van mekaar verskil. Daar sal ook gepoog word om die wesenlike veranderinge te identifiseer en te evalueer.
-
Die geregtelike bestuurder en ondernemingsreddingspraktisyn
Author L.M. JacobsSource: Transactions of the Centre for Business Law 2012, pp 109 –157 (2012)More LessEen van die belangrikste rolspelers in die besigheidsreddingsprosedure is die persoon wat die beheer en bestuur van die maatskappy oorneem. In die 1973 Wet word daar na die persoon as die geregtelike bestuurder verwys. Die 2008 Wet verwys na die persoon as die ondernemingsreddingspraktisyn.
Die hoofstuk het derhalwe ten doel om die belangrikste fasette van hierdie rolspeler te ondersoek en te ontleed.
-
Rolspelers
Author L.M. JacobsSource: Transactions of the Centre for Business Law 2012, pp 158 –177 (2012)More LessDie doel van hierdie hoofstuk is tweeledig. Eerstens om vas te stel in welke mate die regte, bevoegdhede en verpligtinge van rolspelers en belanghebbendes van die maatskappy gewysig word deur die bepalings van die 2008 Maatskappywet. Tweedens om vas te stel hoe hierdie partye se belange geraak word deur sekere bepalings vervat in die Wet.
-
Gevolgtrekking en aanbevelings
Author L.M. JacobsSource: Transactions of the Centre for Business Law 2012, pp 178 –187 (2012)More LessSuid-Afrika het baanbrekerswerk ten aansien van besigheidsredding verrig. Dit blyk duidelik uit die 1926 Maatskappywet. Ten spyte hiervan het die daaropvolgende reddingsmodelle nie die mas opgekom nie en was die geregtelike bestuursmodel in die besonder 'n groot mislukking.
-
Bibliografie
Source: Transactions of the Centre for Business Law 2012, pp 188 –192 (2012)More LessBibliografie
-
Opsomming / Summary
Source: Transactions of the Centre for Business Law 2012, pp 193 –194 (2012)More LessIn die huidige ekonomiese klimaat waar al hoe meer maatskappye onder finansiële druk verkeer, is 'n effektiewe besigheidsreddingstelsel van onskatbare waarde. 'n Stelsel wat die maatskappy die geleentheid bied om weer 'n suksesvolle onderneming te word en op 'n solvente grondslag handel te dryf, is nodig.
In the current economic climate, where more and more companies find themselves under financial strain, an effective business rescue system is essential. A system is needed which affords the company an opportunity to once again become a successful concern and carry on business on solvent grounds.
-
Sleutelterme in Engels
Source: Transactions of the Centre for Business Law 2012 (2012)More LessSleutelterme in Engels