- Home
- A-Z Publications
- Veeplaas
- Issue Home
Veeplaas - latest Issue
Volume 11 Number 6, June 2020
-
Lekker verjaar, ou maat!
Author Pieter MöllerSource: Veeplaas 11, pp 5 –5 (2020)More LessEn daar het jy dit nou! Tien jaar van Veeplaas-glorie, lekker leesgenot en ’n beker vol dankbaarheid wat kort-kort oorloop.
-
Tendense in die rooivleisbedryf die afgelope tien jaar
Author W.A. LombardSource: Veeplaas 11, pp 8 –9 (2020)More LessSuid-Afrika se lewendehawesektor het die afgelope dekade beide bloeitydperke sowel as uitdagende tye beleef. Van die grootste uitdagings wat die rooivleisbedryf beleef het, was die droogte en herhaalde uitbrekings van bek-en-klouseer.
-
Vries is nie 'n vloekwoord nie
Author Phillip StrydomSource: Veeplaas 11, pp 16 –17 (2020)More LessVerbruikers is oor die algemeen huiwerig om bevrore rooivleis te koop. Daar is ’n paar uitsonderings soos beesstert, afval en soms massaverpakte skaapvleis, wat klaarblyklik redelik suksesvol aan die publiek bemark word. Ingevoerde vleis word ook dikwels bevrore ingevoer en van die hand gesit, maar dit vind meestal in die hotelof spyseniersbedryf plaas, nie in kleinhandel nie.
-
Oom Arthur de Villiers se nalatenskap leef voort
Author Izak HofmeyrSource: Veeplaas 11, pp 18 –19 (2020)More LessTien jaar gelede, in Junie 2010, het die eerste uitgawe van Veeplaas die lig gesien. Die heel eerste besoekartikel in daardie uitgawe was met oom Arthur de Villiers van AG Bonsmaras. Oom Arthur is intussen oorlede, maar sy seun, óók Arthur, sit sy goeie werk voort op die plaas Arcadia buite Vrede.
-
Van boervrou tot boerbokteler en mentor
Author Andries GouwsSource: Veeplaas 11, pp 22 –23 (2020)More LessDie waarde van boerbokke om weiding saam met beeste optimaal te benut, word soms vlak gekyk. Op ’n relatiewe klein plaas in die omgewing van Vryburg, word dié voordelige stelsel egter baie doeltreffend benut.
-
Suid-Afrika se veselvoetspoor : ’n dekade van hoogtepunte
Author Carin VenterSource: Veeplaas 11, pp 26 –28 (2020)More LessDie Suid-Afrikaanse wol- en bokhaarbedryf het in die afgelope tien jaar tonne uitdagings die hoof gebied en met vlieënde vaandels bo uiters moeilike omstandighede uitgestyg. Veeplaas het verskeie rolspelers in die bedryf genader om hul beste herinneringe, hoogtepunte en oorwinnings met lesers te deel.
-
Die Verantwoordelike Sybokhaarstandaard : eties en volhoubaar
Author Carin VenterSource: Veeplaas 11, pp 31 –31 (2020)More LessSybokhaar Suid-Afrika (SSA) het vroeër vanjaar die bekendstelling van die Verantwoordelike Sybokhaarstandaard (Responsible Mohair Standard), wat ontwikkel is om volhoubare en etiese praktyke in die sybokhaarbedryf te bevorder, aangekondig. Die standaard is deur die niewinsgewende wêreldorganisasie, Textile Exchange, ontwikkel.
-
Die opvolggesprek : bestuur van melkkoeie in die winter
Author Carel MullerSource: Veeplaas 11, pp 38 –39 (2020)More LessMelkbeesrasse in Suid- Afrika kom oorspronklik vanaf die Britse Eilande en Wes-Europa, waar wintertoestande baie kouer is as in Suid-Afrika. Melkkoeie is goed geïsoleer met ’n digte haarkleed, dik vel, onderhuidse vetlae, groot spiere en ’n verteringstelsel wat interne hitte genereer. Ten spyte van hul goeie weerstand teen koue, is daar egter sekere aspekte van die winter wat die bestuur van melkkoeie beïnvloed.
-
SSA-laboratoriumdienste stel die standaard
Author Claudi NortjéSource: Veeplaas 11, pp 40 –41 (2020)More LessOp 22 Mei 2019 het die Suiwelstandaard-agentskap (SSA) die deure van hul onafhanklike laboratorium, DSA Lab Services, vir die eerste keer oopgemaak. Die laboratorium is gestig nadat verskeie bedryfrolspelers kommer oor die afwesigheid van ’n nasionale stelsel vir kalibrasiestandaarde vir laboratoriuminstrumente uitgespreek het.
-
Room van die room : uitblinkerkoeie in Februarie 2020
Source: Veeplaas 11, pp 42 –43 (2020)More LessRoom van die room : uitblinkerkoeie in Februarie 2020
-
Biltongjag kan die wildbedryf-wa deur die drif trek
Author Andries GouwsSource: Veeplaas 11, pp 46 –47 (2020)More LessDie wildbedryf in die algemeen en die jagbedryf in besonder, steier onder die maatreëls wat wêreldwyd ingestel is om die verspreiding van die COVID-19-virus te beperk. Die reisbeperkings verhoed lewende wildveilings en jagtogte, en die ekonomiese insinking ná die opheffing van die maatreëls gaan die bedryf waarskynlik nog verder beproef.
-
'n Dekade van droogtebestande weidingsbeginsels
Author Louis du PisaniSource: Veeplaas 11, pp 49 –49 (2020)More LessGroot dele van Suider-Afrika is die afgelope tien jaar deur droogtes geteister – sommige gebiede meer as ander. Die invloed van klimaatsverandering op die subkontinent het ook al hoe duideliker begin raak, onder meer gekenmerk deur uiterstes in weerpatrone, ’n warmer klimaat en ’n versnelling in bosverdigting.
-
Melkkoeie : oorkom voervloeitekorte in die winter
Authors: Robin Meeske and Izak HofmeyrSource: Veeplaas 11, pp 51 –53 (2020)More LessKikoejoe-weidings waarin raaigras gedurende die herfs oorgesaai word, is die mees algemene weidingstelsel in die melkproduserende gebiede van die Suid-Kaap. Kikoejoe is in die wintermaande, tussen Junie en September, dormant. Raaigras word dus oorgesaai om die voervloeigaping wat deur hierdie rustoestand gevorm word, te oorbrug. Italiaanse en meerjarige raaigraskultivars word algemeen hiervoor aangewend.
-
Beplan heel jaar vir die winter
Author Andries GouwsSource: Veeplaas 11, pp 55 –57 (2020)More LessDie uitdagings wat die wintermaande vir veeboere inhou, kan maklik oorkom word as ’n boer regdeur die jaar daarvoor beplan. Kennis van die voedingsbronne, sodat die regte aanvullings gegee kan word om tekorte aan te vul, is die resep om vee sodanig te laat oorwinter, dat hulle hul kondisie behou en die langtermyndoelwitte vir reproduksie kan bereik.
-
Ruproteïene : kies reg vir maksimum produksie
Author Leon BothaSource: Veeplaas 11, pp 61 –61 (2020)More LessProdukte word maklik op grond van prys vergelyk wanneer die waardes van die ruproteïen onder die produkaanwysings dieselfde is. Tog is hierdie ’n baie breë term wat ons nie veel oor die produk se gehalte of verwagte produksie inlig nie.