1887

n Stellenbosch Law Review = Stellenbosch Regstydskrif - The right to exclude others from using claimed intellectual property : a perspective from competition law

Volume 14, Issue 1
  • ISSN : 1016-4359
USD

 

Abstract

Immateriële goedereregte het toenemend 'n impak op die groei van die wê reldekonomie. Enige besluit rakende immateriële goedereregte deur 'n mededingingsowerheid het gevolglik plaaslike en internasionale implikasies. Dit is vanselfsprekend dat mededingingsowerhede wê reldwyd onder politieke druk verkeer. Hierdie artikel analiseer 'n kontroversiële onderwerp in immateriële goederereg, naamlik die reg om derdes te verhoed om gevestigde immateriële goedereregte te gebruik. <br>Daar is drie gevalle waar 'n mededingingsowerheid die reg van 'n houer van 'n immateriële goederereg om derdes te verhoed om gevestigde immateriële goedereregte te gebruik, kan weier, naamlik:&lt;ul&gt; &lt;li&gt; waar die verkryging van die immateriële goedereregte deur bedrog plaasgevind het, &lt;li&gt; wanneer die lisensiëring van immateriële goedereregte gepaard gaan met 'n bindings- ooreenkoms, en &lt;li&gt; wanneer daar 'n oorkoepelende skema ingespan word waar immateriële goedereregte misbruik word om mededingingsregte te verontagsaam.</ul> Soos uiteengesit, kan die immateriële goedereregte ontken word as daar bewese bedrog betrokke was. In die tweede geval mag die reg ontken word as die aansoeker ingevolge artikel 8(d)(iii) van die Wet op Mededinging 89 van 1998 kan bewys dat die respondent 'n dominante posisie in die relevante mark beklee en dat die lisensiëring van die immateriële goedereregte gepaard gaan met 'n bindingsooreenkoms. As daar 'n oorkoepelende skema ingespan word om mededingingsregte te verontagsaam met 'n gevolglike diskrepansie tussen die welvaart wat geskep word (deur erkenning van die immateriële goedereregte) en die verlore welvaart (as gevolg van die anti-mededingende gedrag), kan gevestigde immateriële goedereregte ook geweier word.

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_slr/14/1/EJC54468
2003-01-01
2016-12-10

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error