1887

n Stellenbosch Law Review = Stellenbosch Regstydskrif - Cultural identity as a constitutional right in South Africa

Volume 14, Issue 1
  • ISSN : 1016-4359
USD

 

Abstract

Artikel 31 van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika 1996 waarborg sekere regte van kultuur-, godsdiens- en taalgemeenskappe. Maar wat presies behels hierdie regte? Die skrywer beantwoord hierdie vraag met verwysing na die inhoud wat aan die reg op selfbeskikking in die volkereg gegee word. Hy toon aan dat so 'n reg nie 'n reg op afskeiding oftewel sesessie behels nie. Kragtens die norme van die volkereg word sesessie slegs in sekere uitsonderlike omstandighede veroorloof. <br>Dit laat dan die vraag ontstaan hoe artikel 235 van die Suid-Afrikaanse Grondwet, wat 'n beperkte reg tot selfbeskikking erken, verstaan moet word. Dié vraag word behandel met verwysing na die aspirasies van sekere Afrikaners in Suid-Afrika om 'n volkstaat tot stand te bring en die skrywer kom tot die gevolgtrekking dat hulle nie 'n reg tot sesessie het nie: artikel 235 van die Grondwet gee eintlik maar net verdere inhoud aan die regte wat in artikel 31 gewaarborg word. <br>Ten slotte ondersoek die skrywer kortliks die inhoud van die begrip "kulturele volksmoord" ("cultural genocide") ooreenkomstig die volkereg.

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_slr/14/1/EJC54472
2003-01-01
2016-12-11

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error