1887

n Stellenbosch Law Review = Stellenbosch Regstydskrif - The statutory remedies available to landowners that are faced with unfounded restitution claims in terms of the Restitution of Land Rights Act 22 of 1994

Volume 14, Issue 2
  • ISSN : 1016-4359
USD

 

Abstract

Die Wet op die Herstel van Grondregte reël die restitusie van grond of regte ten opsigte van grond aan persone of gemeenskappe wat na 19 Junie 1913 as gevolg van rasdiskriminerende wetgewing of praktyke van sodanige regte ontneem is. Die grondeisekommissaris besluit welke eise meriete het en publiseer dit in die Staatskoerant, waarna sekere beperkings op die uitoefening van eiendomsreg deur die grondeienaar in werking tree. Die bepalings van die Wet op die Herstel van Grondregte verhoed verder dat die grondeienaar die hof vir 'n beslissing nader voordat die grondeisekommissaris besluit dat die eis voldoende ondersoek is en dat die bereiking van 'n skikking tussen eiser en grondeienaar onmoontlik is. <br>Waar die grondeisekommissaris verkeerdelik glo dat 'n eis meriete het en die eis gevolglik in die Staatskoerant gepubliseer word, beskik die grondeienaar wat die eis teenstaan oor 'n beperkte aantal statutêre remedies wat die afwysing van die eis of die verwysing daarvan na die hof kan bespoedig. Die grondeienaar kan die betrokke grondeisekommissaris versoek om die eis terug te trek. Indien dié vertoë misluk, voorsien die Wet op die Herstel van Grondregte en die Promotion of Administrative Justice Act 3 of 200086 vir die hersiening van die kommissaris se administratiewe besluite ingevolge die Wet op die Herstel van Grondregte. Die uiteindelike sukses van die hersieningsproses hang grootliks af van die feite waarop die eis steun, asook van die redes waarop die grondeisekommissaris sy of haar besluite gebaseer het. Die Promotion of Administrative Justice Act en die Wet op Bevordering van Toegang tot Informasie maak dit vir 'n grondeienaar moontlik om die eis en verbandhoudende dokumente, asook die redes vir die kommissaris se besluite, te bekom. <br>In gevalle waar die grondeisekommissaris verkeerdelik 'n grondeis toelaat, bied die bepalings van die Wet op die Herstel van Grondregte oormatige beskerming aan die eiser, terwyl die grondeienaar in die uitoefening van sy of haar eiendomsreg benadeel word.

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_slr/14/2/EJC54482
2003-01-01
2016-12-10

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error