1887

n Stellenbosch Law Review = Stellenbosch Regstydskrif - Turning tricks : a brief history of the regulation and prohibition of prostitution in South Africa

Volume 14, Issue 3
  • ISSN : 1016-4359
USD

 

Abstract

Hierdie artikel gee 'n kort regshistoriese oorsig oor prostitusie in Suid-Afrika vanaf 1652 tot die hede. Prostitusie was nie 'n strafbare daad ingevolge die <I>artyclebrief</I> van 1634 nie, alhoewel sodomie gespesifiseer was as strafbaar. Die Kaapse <I>placaeten</I> het ook nie spesifiek melding gemaak van prostitusie nie, maar daar was verskeie verbodsbepalings op verwante gedragsvorme wat waarskynlik ten doel gehad het om immorele gedrag indirek te ontmoedig. Die gemeenregtelike posisie soos uiteengesit deur Matthaeus word ook bespreek. Die eerste wetgewing wat spesifiek verwys het na prostitusie en verwante aangeleenthede en van toepassing was in die Kaap die Goeie Hoop, Natal, die Oranjerivier-kolonie en die Zuid-Afrikaansche Republiek het eers aan die begin van die twintigste eeu verskyn. Op een uitsondering na, was prostitusie as sulks nog nooit direk strafbaar in die Suid-Afrikaanse reg voor 1988 nie. In 1988 het die wetgewer artikel 20(1)(aA) in die Wet op Seksuele Misdrywe 23 van 1957 ingevoeg met die effek dat 'n persoon wat ontug of 'n onsedelike daad met 'n ander persoon teen vergoeding pleeg, aan 'n misdryf skuldig is. Hierdie en ander bepalings was onlangs die oorsaak van 'n aansoek wat voor die Konstitusionele Hof gebring is. Alhoewel die hof verdeel was oor die kwessie van die strafbaarheid van prostitusie, is bevind dat die bepalings nie in stryd met die Grondwet is nie. Die hof het die kwessie na die wetgewer verwys vir enige wesenlike veranderinge aan die wetgewing en die hoop word uitgespreek dat die wetgewer ander oplossings vir hierdie aangeleentheid sal oorweeg, veral in die lig van die moontlike opvolgverslag van die Suid-Afrikaanse Regskommissie.

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_slr/14/3/EJC54499
2003-01-01
2016-12-10

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error