1887

n Stellenbosch Law Review = Stellenbosch Regstydskrif - Recoupments : the facts are decisive, not the law

Volume 15, Issue 1
  • ISSN : 1016-4359
USD

 

Abstract

Onsekerheid bestaan of 'n verhaling slegs kan plaasvind as daar 'n ontvangs of toevalling was. Die saak van <I>Commissioner for South African Revenue Service v Pinestone Properties CC&lt;/I&gt; 63 SATC 421 kan as direkte gesag dien dat 'n ontvangs of toevalling wel vereis word. In die saak is beslis dat uitgawes aangegaan ten opsigte van die herstel van 'n gebou nie outomaties verhaal kan word indien die gebou vir 'n bedrag hoër as die aankoopprys verkoop word. 'n Verhaling sal slegs plaasvind indien die Kommissaris kan bewys dat die koper bereid was om meer vir die eiendom te betaal as gevolg van die herstelwerk gedoen. 'n Verhaling sal ook plaasvind, waar, byvoorbeeld, 'n bouer skadevergoeding betaal vir gebrekkige bouwerk. In <I>Omnia Fertiliser Ltd v C:SARS&lt;/I&gt; 65 SATC 159 is tot 'n teenoorgestelde gevolgtrekking gekom. Die feite van die saak was kortliks dat skuldeisers versuim het om eise ter waarde van amper R7 miljoen in te dien. Alhoewel hierdie eise nog nie verjaar het nie, was dit op die feite duidelik dat die skuldeisers nie die eise gaan indien nie. Die belastingbetaler was so seker dat die eise nie ingedien sal word nie, dat vir die doeleindes van finansië le rekordhouding die bedrae oorgedra is na die inkomstestaat. Die Hoogste Hof van Appèl beslis dat ongeag die feit dat die bedrae nog nie vanuit 'n regsoogpunt verjaar het nie, 'n verhaling vir inkomstebelastingdoeleindes plaasgevind het. Dit is dus duidelik dat die vraag of 'n verhaling plaasgevind het, 'n feitevraag is en nie 'n regsvraag nie.

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_slr/15/1/EJC54505
2004-01-01
2016-12-09

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error