1887

n Stellenbosch Law Review = Stellenbosch Regstydskrif - In search of (unconveyable) truth : the Truth and Reconciliation Commission's notion of narrative truth and a victimary hypothesis

Volume 15, Issue 1
  • ISSN : 1016-4359
USD

 

Abstract

In sy finale verslag onderskei die Suid-Afrikaanse Waarheids- en Versoeningskommissie (WVK) tussen vier waarheidskategorie waarvan een ''persoonlike en narratiewe waarheid'' is. Narratiewe waarheid vind na bewering gestalte deur middel van die narratiewe proses wat apartheidslagoffers in staat stel om in die openbaar voor die Kommissie te getuig van die trauma en menseregteskendings wat hulle beleef het. 'n Kort verkenning in die wye betekenisveld wat deur die begrip <I>waarheid</I> belig word toon dat die aard van die narratiewe nie altyd versoenbaar is met waarheid in 'n empiriese sin nie. Die artikel illustreer dat die probleme verbonde aan die slagoffer se verwoording en narrativisering van sy of haar trauma onoorbrugbaar is en ons gevolglik gekonfronteer word met die dilemma van die noodsaaklikheid en dringende nood vir die narratiewe en 'n kollektiewe nasionale geheue aan die een kant, teenoor die ''onmoontlikheid'' van die narratiewe aan die ander kant. Die slotsom is dat die enigste <I>waarheid</I> wat deur ''narratiewe waarheid'' beliggaam kan word, universele waarhede oor die menslike natuur, die menslike toestand en menslike lyding is. Die slagoffer is dus die <I>waarheid</I> van die apartheidsnarratief, maar aangesien hierdie waarheid tot 'n beperkte mate vergestalt kan word, is 'n wending tot die literêre nodig om die waarheidsnarratief te verwoord.

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_slr/15/1/EJC54508
2004-01-01
2016-12-10

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error