1887

n Stellenbosch Law Review = Stellenbosch Regstydskrif - Interpretation theory and statutory construction : revisiting the issue in the light of constitutionalism

Volume 15, Issue 2
  • ISSN : 1016-4359
USD

 

Abstract

Hierdie bydrae handel oor die uitleg van wette volgens die standpunt van die uitlegteorie - en soos toegelig deur die Grondwet en sy beginsels. Die sentraliteit van die juris in dié proses word deurgaans beklemtoon. Daar word ook klem gelê op die feit dat 'n literalistiese beskouing van sake (asook die verwante konsep ''die bedoeling van die wetgewer'') in die huidige situasie onvanpas is. <BR>Verskeie fasette van die wetsuitlegproses, soos deur die skrywer geïdentifiseer, word in besonderhede beskryf. Dié fasette word in 'n bondige teorie saamgevat. Die hermeneutiek (wetenskap van verstaan) gee leidrade wat met vrug gevolg kan word. Sulke leidrade word verwerk in die teorie. <BR>Dit is vanselfsprekend dat teorie op sigself niks werd is as dit nie geïmplementeer kan word nie. Dus word praktiese voorbeelde gegee om dit te illustreer. Daar word ook in hierdie verband na resente regspraak verwys. Wat die Grondwet betref, word daarop gewys dat die beginsels daarvan die hele terrein van die wettereg beïnvloed.

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_slr/15/2/EJC54523
2004-01-01
2016-12-09

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error