1887

n Stellenbosch Law Review = Stellenbosch Regstydskrif - Children with disabilities and the right to education : a call for action

Volume 16, Issue 1
  • ISSN : 1016-4359
USD

 

Abstract

Die reg op opvoeding word in die internasionale reg, asook in die nuwe Suid-Afrikaanse grondwetlike bestel, as 'n basiese fundamentele reg beskou. Opvoeding as sodanig is 'n belangrike reg wat nie alleen die sosiale behoeftes van elke mens help verwesenlik nie, maar ook 'n belangrike bydrae lewer tot die vervulling van ander basiese regte. Die nuwe grondwetlike bestel onder die Grondwet van 1996 het 'n nuwe era ingelui vir die reg op opvoeding en het Suid-Afrika in lyn gebring met die vereistes van internasionale reg oor die betrokke onderwerp. As sodanig is opvoeding 'n reg wat vir alle mense geld, veral kinders (beide gestremd en nie-gestremd). Nieteenstaande die feit dat daar grondwetlike erkenning aan die reg op opvoeding gegee word, is dit veral die uitvoering en verwesenliking van die reg wat talle gestremde aanspraakmakers ontneem of ontsêword. Dit is belangrik om te onthou dat alle kinders dieselfde regte het, hetsy hulle gestremd is al dan nie. In sekere gevalle het gestremde kinders meer beskerming of hulp nodig ten einde hulle in 'n posisie van substantiewe gelykheid met ander te plaas. Hierdie artikel is derhalwe daarop gemik om die huidige regsposisie rakende die reg op opvoeding van veral gestremde kinders te ondersoek en om bepaalde aspekte uit te lig waar die stelsel tekort skiet en waar dringende aanpassings benodig word. Die gevolgtrekking word gemaak dat daar in die huidige Suid-Afrikaanse regstelsel 'n kombinasie van faktore, naamlik onvoldoende regsreë ls asook die swak toepassing van bestaande regsreë ls bestaan, welke situasie die gebrekkige of selfs algehele miskenning van gestremde kinders se reg op opvoeding veroorsaak. Hierdie onaanvaarbare situasie benodig dringende en deurdagte regeringsoptrede.

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_slr/16/1/EJC54545
2005-01-01
2016-12-10

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error