1887

n Stellenbosch Law Review = Stellenbosch Regstydskrif - Section 8C of the Income Tax Act : a discussion

Volume 16, Issue 1
  • ISSN : 1016-4359
USD

 

Abstract

Artikel 8C van die Inkomstebelastingwet is onlangs gepromulgeer en lui 'n nuwe era vir die belasting van aandele-aansporingskemas in. Hierdie bepaling sluit by die belastingbetaler se inkomste vir 'n jaar van aanslag enige wins (of laat 'n aftrekking van 'n verlies toe) bepaal ten opsigte van die vestiging in daardie jaar van enige ekwiteitsinstrument, in indien daardie ekwiteitsinstrument deur daardie belastingpligtige uit hoofde van sy of haar diens of amp as direkteur van 'n maatskappy verkry is. Hierdie artikel bespreek die bepalings van artikel 8C aan die hand van drie aandele-aansporingskemas wat algemeen in die mark gebruik word. Hieruit blyk dit dat deelnemers aan aandele-opsieskemas aan groter belastingrisiko's blootgestel is, onder andere omdat deelnemers moontlik twee keer belas word, naamlik wanneer die opsie vestig en wanneer die aandeel vestig. Deelnemers aan ander skemas word moontlik net een keer belas. Voorts word geargumenteer dat die bewoording van die artikel ongelukkig tot onsekerhede aanleiding gee. Daar word gehoop dat die wetgewer die posisie rondom opsies sowel as die onsekerhede sal regstel deur die nodige wysigings aan te bring.

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_slr/16/1/EJC54546
2005-01-01
2016-12-11

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error