1887

n Stellenbosch Law Review = Stellenbosch Regstydskrif - Freedom of expression in cyberspace : real limits in a virtual domain

Volume 16, Issue 1
  • ISSN : 1016-4359
USD

 

Abstract

Vryheid van uitdrukking en geskille oor laster wat voortspruit uit materiaal wat op die Internet gepubliseer is, word deur nasionale howe volgens nasionale reg bereg. Nasionale regsreë ls oor vryheid van uitdrukking en laster is opvallend uiteenlopend. Kwaadwilligheid ('`malice") is in die VSA byvoorbeeld 'n vereiste om 'n publieke figuur te belaster terwyl in Australië en die Verenigde Koninkryk opset veel minder belangrik is by die bepaling van aanspreeklikheid, selfs al is die eiser 'n publieke figuur. Buitelandse howe, en onlangs ook 'n Hoë Hof in Suid-Afrika in <I>Tsichlas v Touch Line Media (Pty) Ltd</I>, het beslis dat publikasie - 'n belangrike element van laster en vir die bepaling van 'n hof se jurisdiksie oor die verweerder - plaasvind waar en wanneer materiaal van die Internet afgelaai word. Die Internet is 'n globale ruimte sonder grense waartoe toegang, oor die algemeen gesproke, onbeperk is. Diegene wat op die Internet publiseer kan dus onwetend onderwerp wees aan die reg van 'n vreemde staat. <br>In hierdie artikel word onlangse regspraak bespreek wat illustreer hoe nasionale reg tans toegepas word en wat die sterk- en swakpunte van internasionale forums vir die hantering van geskille voortspruitend uit publikasie op die Internet oorweeg.

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_slr/16/1/EJC54551
2005-01-01
2016-12-10

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error