1887

n Stellenbosch Law Review = Stellenbosch Regstydskrif - "Embeddedness" versus titling : African land tenure systems and the potential impacts of the Communal Land Rights Act 11 of 2004

Volume 16, Issue 3
  • ISSN : 1016-4359
USD

 

Abstract

Hervorming van kommunale grondverhoudings word vertraag deur geskille oor watter vorme kommunale regte behoort aan te neem en watter instellings dit behoort te bestuur. 'n Debat woed veral rondom die formalisering van titel en die wesenlike alternatiewe soos sogenaamde "beskermde regte". Die rol wat tradisionele owerhede speel in administrasie van betrokke grondstukke is ook 'n groot knelpunt. <BR>Die onlangse inwerkingtreding van die Wet op Kommunale Grondregte (Communal Land Rights Act) 11 van 2004 poog om van die probleme op te los. Die sleuteldoelwitte van die hierdie wet is om sekerheid van titel of houerskap te verskaf aan bewoners van kommunale gronde, en om te voorsien vir demokratiese administratiewe strukture sodat gemeenskappe hul grond kan bestuur. <BR>Daar word aan die hand gedoen dat die Wet nie slaag om bogenoemde probleme behoorlik op te los nie. Van die grootste knelpunte is dat gelyke toegang tot grond vir vroue nie gewaarborg word nie, en dat tradisionele rade die besluitnemingsproses van houers kan benadeel. Die Wet is ontoereikend om groot hoeveelheid verskillende situasies, wat te doen het met houerskap te hanteer. Dit is onwaarskynlik dat die grondwetlike vereistes wat die regte op kommunale land moet waarborg en geslagsgelykheid bevorder verwesenlik sal word deur die Wet op Kommunale Grondregte. Een van die hoofredes hiervoor is dat die wet die konsep van kommunale grondbeheer verswak deur te veel te fokus op die onvanpaste oordrag van titel-benadering te plaas. 'n Verwronge weergawe van wat ? tradisionele owerheid is, is ook problematies. Daar moet eerder gefokus word op 'n alternatiewe raamwerk wat poog om bestaande regte en gebruike te waarborg sonder om te vereis dat alles omskep moet word in privaat-eiendom. Nuwe benaderings in ander Afrika-state moet ook heroorweeg en ondersoek word.

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_slr/16/3/EJC54566
2005-01-01
2016-12-10

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error