1887

n Stellenbosch Law Review = Stellenbosch Regstydskrif - Polish apartment ownership compared with South African sectional titles

Volume 17, Issue 1
  • ISSN : 1016-4359
USD

 

Abstract

Hierdie bydrae vergelyk die bepalings van die Suid-Afrikaanse Wet op Deeltitels met die bepalings van die Poolse ekwivalent. Deeleiendom in Pole reik terug na 1808 toe die Napoleontiese Wetboek as wetboek vir Pole aanvaar is. Die akute woningsnood tussen die twee Wêreldoorloë het gelei tot die afkondiging van 'n Ordonnasie op Wooneenhede in 1934. Met die koms van Kommunisme is hierdie Ordonnansie vervang deur vier ontoereikende artikels in die nuwe Poolse Burgerlike Wetboek van 1964. Deeleiendom is beperk tot eenhede in residensiële huise met 'n vasgestelde ruimte per huisgesin. Die demokratisering van Pole lei tot die promulgasie van 'n nuwe Wet op die Eiendom van Eenhede in 1994. Sowel hierdie Wet as die Wet op Deeltitels, omskryf 'n eenheid as die somtotaal van 'n deel en 'n proporsionele medeeiendomsaandeel in die gemeenkaplike eiendom. Ingevolge die Poolse Wet kan slegs gedeeltes van die gebou wat vir private gebruik afgesonder is, deel wees van 'n deel. Met hierdie algemene omskrywing vermy die Poolse Wet baie van die probleme met die toepassing van die Suid- Afrikaanse Wet wat 'n deel omskryf as die kubieke eenheid omring deur mure, plafonne en vloere tot by die middellyn daarvan. In Pole bestaan die grootste persentasie van deeleiendom uit die omskepping van groot privaat huise of geprivatiseerde geboue wat voorheen aan die staat of plaaslike owerhede behoort het. Net soos in Suid-Afrika, het vorige huurders of eienaars 'n voorkoopsreg. Beide statute vereis dat die aparte eenhede as sodanig in die Akteskantoor geregistreer word. In Pole kan deeleiendom op verskeie maniere vestig. Hierdie moontlikheid en die feit dat aparte registers vir grond en geboue bestaan, lei tot talle probleme. Die Poolse berekening van die deelneemingskwota deur slegs bruikbare vloeroppervlakte in aanmerking te neem en geen afronding toe te laat nie, lewer oënskynlik billiker resultate as in Suid-Afrika. Omdat deeleienaars anders as gewone huiseienaars saamgebondel word in een kompleks, bevat beide statute beperkings op die vrye uitoefening van eiendomsreg. Die Poolse reg beperk die uitoefening van eiendomsreg deur die reëls van sosio-ekonomiese geregtigheid, wetsbepalings en die ekonomies doel van die objek van eiendomsreg. As een van die bevoegdhede inherent aan eiendomsreg, erken die Poolse reg die bevoegheid om van 'n woonstel ontslae te raak indien 'n eienaar nie in staat is om sy woonstel te onderhou of sy maandelikse bydraes te betaal nie. Wat die afdwing van verpligtinge betref, volg die Poolse Wet die streng bepalings van die Duitse Wet en laat die deelnemingsbestuur toe om die woonstel te verkoop indien 'n eienaar saamleef in die kompleks ondraaglik maak. Die betrokke plaaslike owerheid word verder onthef van enige verpligting om vir huisvesting vir die oortreder te sorg. As gevolg van die groot aantal bestuursopsies wat in Pole gevolg kan word, heers daar wanorde in die bestuur van talle deeleiendomskomplekse wat tot 'n mate deur die aanvaarding van 'n streng gereguleerde deeleiendombestuursstelsel in Suid-Afrika vermy word.

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_slr/17/1/EJC54580
2006-01-01
2016-12-10

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error