1887

n Stellenbosch Law Review = Stellenbosch Regstydskrif - Federalism revisited : the South African paradigm

Volume 17, Issue 1
  • ISSN : 1016-4359
USD

 

Abstract

In hierdie artikel ondersoek en herbesoek die skrywer die historiese, regs- en politieke basis vir die tipe van federale bestel wat vandag in Suid-Afrika in werking is. Dit speur kortliks die historiese wortels van die federale idee na, asook die vergestalting daarvan in die westerse politieke- en regsleer. Die skrywer ondersoek die federale ondervinding in die Suid-Afrikaanse politieke en staatsregtelike geskiedenis. Alhoewel federale idees in een of ander gedaante altyd tydens vormingsperiodes in ons geskiedenis teenwoordig was, is hulle nooit ingeburger nie en eenheidstelsels het uiteindelik ontwikkel tot met die aanvaarding van die tussentydse Grondwet in 1994, wat 'n quasi-federale weergawe daargestel het. Terminologie is 'n belangrike oorweging, en dit word bespreek om konseptuele helderheid te verkry. Die betrokke terme soos federaal, quasifederaal, eenheid(staat) en konfederaal word verduidelik aan die hand van toepaslike voorbeelde. Verskillende modelle van federale regering, soos die verdeelde en geïntegreerde modelle, word verduidelik en vergelyk. Die onderhandelingsproses na afloop van Kodesa was om 'n quasifederale model te ontwikkel, een wat in die Tussentydse Grondwet vergestalt sou word. Hierdie model is verder ontwikkel en verfyn in die 1996 Grondwet, wat in 'n mindere of meerdere mate geskoei was op die Duitse voorbeeld en wat deelnemende federalisme omvat het. Die skrywer verduidelik dat die Grondwet voorsiening maak vir drie sfere van regering, naamlik nasionaal, provinsiaal en plaaslik. Die magte van die sfere word verskans in die Grondwet en dra aldus by tot die oorkoepelende federale karakter van die Grondwet wat nie staties nie, maar dinamies in werking is. Die finansiële lewensvatbaarheid van elkeen van die sfere bei¨ nvloed ook die aard van die federale model voortspruitend uit die Grondwet soos dit in die praktyk verwesenlik word. Federalisme is 'n middel waardeur die demokratiese aard van 'n Staat versterk word en dit komplementeer sekere aspekte van die demokratiese paradigma soos byvoorbeeld die skeiding van magte en deelnemende regering. Die model van federale regering soos aanvaar in die Grondwet is 'n dinamiese een en die federale elemente wat daarin vervat is kan versterk of ontman word. Dit beskik oor die potensiaal om die politieke geleentheid vir die provinsies en hul leiers te ontwikkel ten einde die regering nader aan die burgers te bring en daardeur deelnemende demokrasie te skep.

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_slr/17/1/EJC54581
2006-01-01
2016-12-10

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error