1887

n Stellenbosch Law Review = Stellenbosch Regstydskrif - The taxability of insolvent spouses who are married in community of property

Volume 17, Issue 1
  • ISSN : 1016-4359
USD

 

Abstract

Normaalweg smelt die boedels van twee persone wat binne gemeenskap van goed trou saam en vorm slegs een gemeenskaplike boedel na die huwelik. Die sekwestrasie van sodanige boedel lei egter tot sekere gevolge rakende verskeie regsgebiede, en verskeie wette speel dan 'n rol, en dikwels 'n oorvleuelende rol. Byvoorbeeld, die Inkomstebelastingwet maak daarvoor voorsiening dat gades wat binne gemeenskap van goed getroud is afsonderlik op inkomste uit die gesamentlike boedel belas word. Daar is ook ingevolge ander wetgewing en die gemenereg 'n paar uitsonderinge op die algemene reël dat alle bates van gades wat binne gemeenskap van goed getroud is tydens solvensie een boedel vorm. 'n Bemaking met 'n voorwaarde dat die bemaking nie deel van die gesamentlike boedel vorm nie is een voorbeeld. Na sekwestrasie verander die algemene belastingbeginsel en word inkomste wat die gesamentlike insolvente boedel toeval skynbaar apart as 'n eenheid belas, dit wil sê die gades betaal nie elkeen soos voor sekwestrasie apart belasting nie. Die feit dat gades bates mag besit wat nie deel van die gesamentlike insolvente boedel vorm nie, word blykbaar tydens insolvensie vir inkomstebelasting-doeleindes geïgnoreer. Na rehabilitasie verander die inkomstebelasting-beginsel weer en sal enige inkomste wat gerehabiliteerde gades na sekwestrasie in hulle persoonlike hoedanigheid toeval apart belas word. Inkomste uit bates wat uitgesluit is by 'n gesamentlike boedel beïnvloed dus soms die wyse hoe 'n belasbare bedrag bereken word en soms nie. Maar, daar moet in gedagte gehou word dat in gevalle soos hierdie waar daar 'n oorvleueling van verskillende regsgebiede plaasvind, daar verwarring met die korrekte uitleg van die verskeie wette en regsbeginsels kan bestaan. Verskeie sulke gevalle van onsekerheid kom in die insolvensiereg voor. Gevolglik moet die Wetgewer in die toekoms uiters versigtig wees in die daarstelling van oorvleuelende wetgewing om verwarring en regsonsekerheid te vermy.

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_slr/17/1/EJC54583
2006-01-01
2016-12-10

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error