1887

n Stellenbosch Law Review = Stellenbosch Regstydskrif - Scope for negotiating and / or varying the terms of government contracts awarded by way of a tender process

Volume 17, Issue 2
  • ISSN : 1016-4359
USD

 

Abstract

In 'n private tenderproses is daar geen beperkinge op die inhoud van kontrakte wat gesluit word nie. Die suksesvolle tenderaar en die party wat tenders aanvra is vry om oor die spesifieke bepalings van die kontrak te onderhandel en hulle is vry om later die bepalings van die kontrak te wysig. Daar is ook geen reëls wat neerlê dat sekere bepalings in die kontrak ''moet'' verskyn nie. Hierdie artikel toon aan dat die reëls wat vir 'n private tenderproses geld baie verskil van die reëls wat geld vir 'n publieke tenderproses in Suid-Afrika. Artikel 217(1) van die Grondwet beskerm kontrakteurs wat aan 'n publieke tenderproses deelneem. Artikel 217(1) bepaal dat wanneer staatsorgane vir goedere of dienste kontrakteer, hulle moet voldoen aan vyf beginsels: regverdigheid, billikheid, deursigtigheid, mededingendheid en kostedoeltreffendheid. Om te verseker dat staatsorgane aan artikel 217(1) en ook aan die tendervoorwaardes gehoor gee, is daar 'n hele aantal beperkinge en verpligtinge om die volgehoue integriteit van die tenderproses te verseker. Daar is beperkinge op die omvang van onderhandelinge ten opsigte van die bepalings van kontrakte en die wysiging van kontrakbepalings na die sluiting van 'n kontrak. Wetgewing bepaal ook dat sekere bepalings in kontrakte ''moet'' verskyn. <BR>In hierdie artikel word die aanwending van die beginsels in artikel 217(1) van die Grondwet bespreek insover dit op die drie vlakke van regering, naamlik nasionaal, provinsiaal en plaaslik, betrekking het. Die klem sal val op kontrakte wat op plaaslike regeringsvlak gesluit word, en meer spesifiek, kontrakte vir die lewering van munisipale dienste. Die rede vir die onderskeid is dat wetgewing op plaaslike regeringsvlak baie spesifieke reëls vir die sluiting van kontrakte vir die lewering van munisipale dienste neerlê.

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_slr/17/2/EJC54593
2006-01-01
2016-12-09

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error